Monday, 30 March 2015

BOSE AGTERDOG

“…het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog.” 1 Tim. 6:4


Bose agterdog is die tweelingboetie van bose suspisie en die nefie van afguns (jaloesie).  Dit maak deel uit van ‘n bose kringloop in ons denkwêreld, wat geaktiveer word deur te dink oor ons lewe saam met ander mense buite-om die heerlikheid van die evangelie.  Dit is soos ‘n virus wat versprei en jou denke later tot so ‘n mate oorheers dat die hele atmosfeer van jou innerlike agterdog en suspisie word.  Hierdie atmosfeer dra jy in hou huis in en dit versuur al jou verhoudinge.  So oordeel jy van die môre tot die aand ander mense se motiewe asof jy God is wat presies kan sien en instinktief weet waarom mense dinge sê en doen.  Mettertyd word jy ‘n baie moeilike mens om mee saam te leef, want ander weet nooit waarvan hulle volgende beskuldig gaan word nie.  Die grappie word vertel van die man wat by ‘n rugbywedstryd baie suspisieus was toe die manne sak in die skrum, want hy het vermoed hulle soek net ‘n verskoning om oor hom te skinder.  Ons kan lekker lag daaroor, maar die kringloop van afguns, agterdog en suspisie is ‘n wesenlike gevaar as ‘n mens nie jou hart bewaar nie.  Dit is tipies van wêreldse verhoudinge, maar kan ook maklik deel word van ‘n ware dissipel se lewe as hy of sy nie waaksaam is nie.  Paulus skryf in Titus 3 vers 3 dat ons vroeër (voor ons wedergeboorte) ons lewe deurgebring het in “kwaadwilligheid en jaloesie; ons was haatlik en het mekaar gehaat.”  Maar nou in Christus moet, en kán, ons “vriendelik en geduldig” wees en “mekaar in liefde verdra” (Efes. 4:2).  In Christus kan ons maar, sonder om naïef te wees, die beste glo van mekaar, bid vir mekaar en as daar dan werklik kwaadwilligheid is dit in liefde uitsorteer met rein harte wat altyd begeer om welwillend te wees en in die ander persoon se beste belang op te tree.

Wednesday, 25 March 2015

SOOS OLIE EN WATER

Net soos olie en water nie met mekaar kan meng nie, kan self-vertroue en Christus-vertroue nie meng nie.  Christus het vír ons geword “wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing” (1 Kor. 1:30).  Solank as wat jy jou eie wysheid, geregtigheid, heiligmaking en verlossing probeer meng met dit wat Christus vir jou gewórd het, is jy besig met ‘n eksperiment in die geestelike laboratorium wat nooit kan werk nie.  Ons almal was al in daardie laboratorium besig om sorgvuldig die olie en water met mekaar te meng om te kyk of óns nie dalk ‘n deurbraak kan kry wat die teorie verkeerd sal bewys nie.  Geloof beteken daarteenoor eenvoudig dat ek géén vertroue in my eie wysheid, krag en vermoëns plaas nie, maar dit alles net so in Jesus se hande sit sodat Hy kan doen en werk wat Hy wil in en deur my.  Daarom het Jesus gesê “sonder My kan julle niks doen nie” (Joh. 15:5).  Daarom ook is boodskappe wat vir ons die heerlikheid van Christus voorhou sonder om vir ons duidelik te laat verstaan dat ons deelname daaraan ‘n totale skipbreuk van ons eie-geregtigheid en self-vertroue impliseer, misleidend en gevaarlik.

Monday, 23 March 2015

WAAR GOD IS, IS DIT HEMEL

“En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”  Joh 17:3 


Die ewige lewe is meer as ‘n oneindige tydperk.  Die hemel is meer as ‘n wonderlike plek.  Ons is almal geneig om te dink oor die hemelse vanuit ons aardse perspektief.  Ons prioriteite raak so maklik deurmekaar en voor ons, ons kom kry dink ons oor die hemel net as ‘n volmaakte plek waar ons vir ewig gaan bly.  Jesus sny met Sy gebed in Johannes 17 as’t ware met ‘n vlymskerp mes deur al ons minderwaardige idees oor die ewige lewe en die hemel.  Sy stelling gerig tot die Vader in vers 3 is verstommend in sy eenvoud.  Die “ewige lewe” is eenvoudig om die Vader en die Seun werklik te ken.  Het jy al ooit gewonder wat gaan aan in die hemel en hoe gaan dit daar wees?  Lees die Bybel met die een enkele fokus om die Vader te ken in Sy Seun deur die verligting van die Gees.  So kan jy nou-al begin om hemel op aarde te beleef, want waar God geken en geniet word, daar is dit hemel.  Dit raak ook net beter, want daar is geen einde aan Sy wese en heerlikheid nie.  Hy is die oneindige God.

Thursday, 19 March 2015

“WEES NET POSITIEF!?”

Die bediening waardeur die mense veroordeel word, het met heerlikheid gekom, maar die bediening waardeur die mense vrygespreek word, oortref dit verreweg in heerlikheid.” 2 Kor. 3:9  (NAV)

Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.” 2 Kor. 4:7

Daar is baie verwarring by dissipels van Jesus vandag, want hulle hoor aan die een kant ‘n boodskap van heerlikheid en oorwinning wat so positief klink en aan die ander kant ‘n boodskap van gebrokenheid wat op die oog af so negatief klink en ‘n nasmaak van mislukking los as jy dit verkeerd interpreteer.  Hoe moet ons hierdie dinge verstaan?  Ons het die heerlikheid van Christus binne-in ‘n liggaam van swakheid (ook genoem “die liggaam van die sonde” en “liggaam van hierdie dood” – Rom.  6:6 en 7:24); dus heerlikheid binne-in en te midde van gebrokenheid.  Dit is juis hoe God gekies het dat die heerlikheid van Sy genade in Christus soveel te meer moet skyn!  Dit is die heel beste vertoonvenster van die Vader se barmhartigheid en genade!  “Wees net positief” is níe die boodskap van die Nuwe Testament nie.  Die boodskap is dat ek nie moet veg teen gebrokenheid nie, maar dat ek dit juis moet omhels met die vaste vertroue dat Christus in en deur my openbaar gaan word én met die wete dat daar “nuwe hemele en ‘n nuwe aarde” kom “waarin geregtigheid woon” (2 Pet. 3:13).  Daar is niks meer “positief” as Bybelse geloof en hoop nie.  “Want as ek swak is, dan is ek sterk.” (2 Kor. 12:10b).  God se weg tot oorwinning is radikaal anders as die wêreld s’n!

Wat Beteken dit Prakties vir my?


 ‘n Boodskap van positiwiteit en oorwinning sonder gebrokenheid is ‘n gevaarlike en misleidende boodskap wat ons baie subtiel opgeblase maak, selfs al lyk en klink dit so wonderlik en oorwinnend.  Gaan lees 1 Kor. 1:18-31 en 2 Kor. 12:1-10 biddend om God se weg tot oorwinning eens en vir altyd te vestig in jou hart en denke.  Dit sal jou ook weerbaar maak teen die honderde misleidende boodskappe van “positiwiteit” (sonder gebrokenheid) wat ons weekliks mee gebombardeer word in die Christendom. 

Monday, 16 March 2015

HOE MOET ONS DINK OOR DIE EINDTYE?

Annekie Barnard vra:

“Albert, as ek die Woord reg verstaan kom Jesus sy kinders haal voor die verdrukking.Mense of ek het die kat aan die stert beet wat se ons is in begin van die 7jr verdrukking. Kan jy dalk daarop vir my antw. Baie dankie. Blessings.”

Hello Annekie, iemand het eendag gesê: "die vraag is nie net wanneer Jesus terugkom nie, maar wanneer wil jy HÊ Hy moet terugkom." Ek dink daardie persoon maak 'n belangrike punt. Die heel belangrikste, myns insiens, rondom eskatologie is dat ons in ons harte 'n verwagting moet hê en 'n verlange dat Jesus moet terugkom, terwyl ons terselfdertyd ons alles moet gee vir die redding van verlore mense. Ons moet ook natuurlik volgens die Nuwe Testament áltyd reg wees beide om verdrukking te ondergaan of om te sterf, want ons weet nie of vandag of môre dalk ons laaste dag is nie.

Daar is pre-tribbers (pre-tribulationists), mid-tribbers, post-tribbers, en dan ook pre-Millennialiste, a-Millennialiste, post-Millennialiste, ook "full rapture", "partial rapture" en “no-rapture" aanhangers. In elkeen van hierdie kategorieë verskil mense dan gewoonlik ook nog oor die fynere detail van hoe die gebeure van die eindtyd gaan realiseer.  So kan ‘n mens dalk dink “aah, hierdie gelowige praat my taal”, totdat jy bietjie dieper begin delf.  Dan kom jy dalk agter hierdie mede pre-tribber glo nie heeltemal soos jy nie.  Jou vraag verg dus 'n baie lang antwoord en dalk is jy aan die einde van die antwoord meer verward as voorheen. Of anders weet jy dalk nie meer wát jy glo as jy al die moontlikhede sien nie. :-)  Dalk hét jy al wyd gelees oor die onderwerp.  Soms weer is mense so dogmaties oor wat hulle glo dat hulle glad nie belangstel in wat ander gelowiges glo oor die onderwerp nie.  Ek weet nie presies waar jy staan nie. 

Die Bybel gee vir ons baie detail oor die eindtye, maar nie altyd presiese dogmatiese antwoorde nie. Ek sou dus versigtig wees vir presiese skemas van die eindtye. 'n Beter benadering vir my is om elke gedeelte in die Skrif wat handel oor die onderwerp op eie meriete toe te laat om met jou te praat. As daar 'n waarskuwing is neem dit ter harte. Neem die opdragte ernstig op en vra die Here om jou te wys hoe jy dit in jou eie lewe moet gehoorsaam. Mediteer oor die beloftes wat gegee word, en maak dit jou eie.  Die meeste gelowiges vandag het nie hulle siening van die eindtye direk in die Bybel gekry nie (al kan hulle waarskynlik verwysings gee na 'n klompie tekste), maar liewer van predikers, leraars, hulle denominasie of boeke wat hulle gelees het wat 'n spesifieke skema van eskatologie probeer verdedig.  As daar mettertyd ‘n basiese oortuiging vorm by ‘n mens oor die moontlike verloop van die eindtye dink ek dit is belangrik dat jy in nederigheid die deur oop los vir die Heilige Gees om jou verdere lig te gee oor die saak en ook om nie te dogmaties te wees teenoor ander dissipels van Jesus nie.  Ons gemeenskap met mekaar is gebaseer op ons eenheid met Christus en ons oortuiging dat Hy wel liggaamlik gaan terugkom na hierdie aarde en ons gereed moet wees daarvoor, nie op ons spesifieke siening van die detail rondom tye en historiese gebeure nie. 

Bo alles, maak seker dat jy leef in 'n "eerste liefde" verhouding met Jesus Christus sodat hy met jou eie hart uit die Skrif kan praat oor Sy wederkoms en hoe jy daarvoor voorbereid moet wees. Dít is, myns insiens, veel belangriker as om al die argumente reg te hê om 'n skema te verdedig, terwyl 'n mens se hart dalk nie werklik voorbereid is vir die wederkoms van Jesus nie. Openbaring hoofstukke 1 tot 3 is 'n wonderlike gedeelte vir gemeentes en individuele gelowiges om te bestudeer met die oog op hartstoetsing in die lig van Christus se heerlikheid vandag en vir die toekoms. Laastens wil ek graag net 'n gedeelte aanhaal wat 'n oorkoepelende waarheid rondom die implikasies van die Vleeswording van Jesus uitlig.   Ongeag wat ‘n mens se siening is van die eindtye, gee hierdie tekste bemoediging en ‘n vaste versekering dat Jesus op die Troon is en daar sal bly.

“Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.” Jes. 9:5-6 (NAV)

Of the increase of his government and of peace there will be no end…now and forevermore.” Isa. 9:7a (ESV)


N.S. Ek probeer nie met hierdie plasing die idee skep dat dissipels van Jesus nie in liefde en nederigheid kan praat oor die detail van die eindtye vanuit spesifieke gedeeltes in die Skrif nie.  Ek poog eerder om die fokus te plaas op die kondisie van ons hárte m.b.t. die onderwerp.  

Wednesday, 11 March 2015

DIE GOEIE NUUS AAN DIE ANDER KANT VAN MISLUKKING

“Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie?  Ek sal my lewe vir U gee.  Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee?  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.”  Joh. 13:37-38 


Petrus is seker dat hy die passie en moed het om sy lewe vir Jesus neer te lê.  Die probleem is net Petrus ken nog nie sy eie hart nie.  Petrus vertrou nog op sy eie wilskrag en menslike oortuiging.  Jesus ken egter elke mens se hart en Hy weet dat nie een van ons die bedrieglikheid van die hart kan baasraak nie.  Inteendeel, daai hart aan homself oorgelaat, gaan Jesus keer op keer verloën.  Maar daar’s goeie nuus! Verder aan, in hoofstukke 14 tot 17 van Johannes, gee Jesus vir Sy dissipels dosyne kosbare beloftes met betrekking tot die nuwe verbond en nuwe krag vir ‘n heilige lewe.  Dit het alles te doen met Sý lewe ín ons (Joh. 15:5).  Gaan lees bietjie Johannes 14 tot 17, merk die beloftes en maak dit jou eie.  

Tuesday, 10 March 2015

VOLHOUBARE BEDIENING

Die enigste volhoubare basis vir vrymoedige en vreugdevolle bediening is die verhoudingskapasiteit wat deur die evangelie van volmaakte vryheid gestimuleer word.

KNOWLEDGE INVESTED

Knowledge that is not shared, and shared for the edification of others, becomes a stronghold of pride. Invest your life in people! It is the only bank with interest accumulating in heaven.

PROCLAIM CHRIST, NOT YOURSELF

We must be very careful to never present ourselves as the strong and wise ones in our ministry to others. Rather we must present ourselves as the weak ones, and Christ as the Strong One in and through us. Redemption & deliverance is in Him alone.  He alone is the Hope of the world.  Without Him we can do nothing (Jn. 15:5).  'For what we proclaim is not ourselves, but Jesus Christ as Lord' (2 Cor. 4v5).  Study all of 2 Corinthians in this light.

GRACE AND GRATEFULNESS

Gratefulness is one of the clearest indications that we are living in the realm of grace. Ungratefulness advertises the barren state of our hearts. It is the fruit of a mode of being disconnected from the kindness and favour of God extended freely in Christ. It openly displays the folly of a life lived within the narrow confines of a futile effort to reach perfection by self-effort.

ECHOES OF ETERNITY

Despite the widespread evidence of regression and decay all around us, there is something in man that persistently believes that we are more than just eating, drinking and procreating beings destined to die and vanish into oblivion. This echo of eternity within the heart of man cannot be reasoned away and when the clear call of the gospel comes the heart answers without exception. Yet many choose to deny this echo and instead chase the illusion of material security bolstered by many and varied 'clever' arguments designed to silence the voice of the heart. "For what will it profit a man if he gains the whole world and forfeits his soul?" Mt. 16:26

GOD'S LOVE INSCRIPTION

The ultimate aim of divine revelation is LOVE (1 Tim. 1:5). The character of this very particular love is revealed in Gal. 5:22 - JOY is love's strength, PEACE is love's security, PATIENCE is love's endurance, KINDNESS is love's conduct, GOODNESS is love's character, FAITHFULNESS is love's confidence, GENTLENESS is love's humility, SELF-CONTROL is love's victory (The Open Bible). YOU are the scroll upon whom God writes this love letter (2 Cor. 3:2). Your HEART is the only substance on earth able to receive this divine inscription (2 Cor 3:3). All our religious discussion, teaching and activity are utterly meaningless if we fail to present our hearts to the purposes of God's LOVE inscription (1 Cor.13:1-3). The Spirit continues to write on our hearts as we behold Christ (2 Cor. 3:18).

MAINTAINING A PURE HEART

Your heart is like the mirror-surface of a dam in or through which you view reality. Most of the waves and ripples that distort reality, causing heartache and pain can be traced to the stones that you allow into your ''inner space''. Once they land on that surface the effect is predictable. Purity is a personal prerogative. ''Guard your heart more than anything else, because the source of your life flows from it.'' Prov. 4:23

HOPE SPRINGS ETERNAL

I have never met someone who does not believe in family in their heart of hearts. It is arguably the most unfailing common denominator in the hearts of people all across the planet. We spend thousands of hours and huge amounts of energy and money over many years on our families and friendships to build relationship and somehow secure a lasting and meaningful rapport that will withstand the ups and downs of circumstances and the unpredictability of human emotion. Why then do we at times argue so vehemently against a hope that stretches beyond this short and often unsatisfying life? The very existence of the saying "hope springs eternal" proves that the human heart longs for a place of uninterrupted security and bliss in relationships. That place exists and there was a Man on a cross who procured it for all who are willing to honestly face this universal inward desire as well as the evil propensity to deny it and reach out with the hand of faith to receive the gift of eternal life. Why wait? John 3:16....

GET YOUR DUMMY AT THE DOOR

It is surely an endearing thing to see a baby with its nappy on and dummy in the mouth, but what would you say if you saw a twenty-year-old with a nappy and dummy?  How about hundreds of these "babies" together?  The New Testament teaches without any equivocation that God desires to see all His children come to maturity.  "Until we all...become mature" (Eph. 4:13).

Unfortunately the reigning church culture of our day is almost preprogrammed to maintain its members in an infantile stage of spiritual development. When a church culture is primarily focused on numbers it is not surprising to see multitudes of "babies" together in one building in a permanent state of juvenile leader-dependence.  Sómething has to be done to grab the attention of these fidgety little ones.  Consequently programs and entertainment almost always take precedence over discipleship within this culture.  To be sure, seeing so many babies together looks impressive and even successful, but we have been called to be a growing "body', a living temple, and an army of God - not a daycare facility. 


According to the New Testament the purpose of the gospel and church life is bringing us to spiritual maturity in order to move our focus away from ourselves and onto those we need to disciple in all the nations of the earth (Mt. 28:19), with a view to théír maturity in Christ. If we remain in the same dependent relationship with leaders and teachers for decades we have a serious problem!  It is imperative for the health and future of the true church that we reach a maturity that enables us to fellowship with one another on equal terms as those who have received a "like precious faith" (2 Pet. 1:1).  Our roles and responsibilities will always differ, but our relational reality múst mature into the rich enjoyment of our shared heritage in Christ.  The alternative is scary - relationships that stagnate in a static and lifeless structure.  Something that moves and yet has no life in itself we call a machine.  God is looking for a living and growing organism, not a machine.

DIE VREUGDES VAN ‘N NEDERIGE GELOOF

“sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie” Hand. 17:27

“Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig.”  Rom 10:8 

“Die HERE is naby die wat gebroke is van hart…” Psa. 34:19


Aan die een kant leer die Bybel ons dat God Homself verberg vir die hoogmoedige.  Hy versluier Sy aangesig in diepe duisternis vir die onafhanklike intellek wat met die rede alleen probeer om Sy wese te peil.  Aan die ander kant leer die Bybel dat God altyd ‘n nederige geloof beloon met die heerlikheid van Sy teenwoordigheid.  Dit is ook nie net die sekulêre filosowe wat hulleself vasloop in die onpenetreerbare sluier van God nie, maar selfs teoloë wat daagliks met die Bybel werk, vind gou uit dat die woorde van God gesluit bly vir daardie knie wat nie wil buig en hart wat nie wil juig nie.  Dieselfde geld vir die dissipel wat probeer vorder in sy geloof.  God is die Kenner van harte en selfs as ons net maar erken en bely dat ons harte iewers hoogmoed opgetel het (dit gebeur so maklik), kan en sal die Vader deur die bloed van Jesus wonderbaarlik ons harte weer reinig.  Dieselfde Vader wat begeer dat Sy kinders Sy aangesig moet sien, versluier Homself vir ‘n hoogmoedige hart.  Hy kan nie teen Sy eie aard optree nie…maar Hy is haastig om die sluier te lig vir ‘n nederige geloof.  

Thursday, 5 March 2015

KRY JOU FOPSPEEN BY DIE DEUR

Wanneer ons 'n baba sien met 'n doek aan en 'n bababottel in die mond is dit vir ons 'n mooi gesig, maar wat sou jy sê as jy 'n twintigjarige met 'n doek en bottel sien?  Wat van honderde sulke "baba's" bymekaar? Die Nuwe Testament maak dit baie duidelik dat God 'n diepe begeerte het dat ál Sy kinders tot volwassenheid moet kom. 'Totdat ons almal kom tot…’n volwasse man" (Efes. 4:13).

Ongelukkig is ons gemeentekultuur dikwels vandag as't ware gepreprogrammeer om mense geestelik in die babastadium te hou.   Wanneer ‘n kultuur slegs op getalle gefokus is, gebeur dit maklik dat daar net meer en meer "baba's" in 'n gebou bymekaar gehou word en dat hulle afhanklik bly van die leierskap.  Mens moet iets doen met die woelige baba's en daarom bestaan die gevaar om te verval in programme, eerder as dissipelskap.  Soms lyk so ‘n klomp babatjies bymekaar baie suksesvol, maar ons is geroep om ‘n groeiende “liggaam”, ‘n lewende tempel van God en ‘n weermag te wees – nie ‘n dagsorg nie. 


Die doel van die evangelie en gemeentelewe volgens die Nuwe Testament is om ons by geestelike volwassenheid te bring sodat ons fokus weg kan skuif van onsself en ons dissipels kan maak "van al die nasies" (Matt. 28:19) en hulle weer by volwassenheid kan bring.  As ons in dieselfde afhanklike verhouding bly staan met voorgangers en leraars vir dekades aaneen is daar groot fout! Daar moet 'n plek kom waar ons as volwasse gelowiges gemeenskap kan hê, gefokus op Christus en met dieselfde doel voor oë. Ons rolle en verantwoordelikhede sal altyd verskil, maar ons verwantskap moet beweeg na volwassenheid. Die alternatief is verhoudinge wat stagneer in 'n statiese en dooie struktuur.  Iets wat beweeg, maar wat nie lewe het nie noem ons 'n masjien.  God soek 'n lewende organisme wat groei, nie 'n masjien nie.

Monday, 2 March 2015

HUMANISME IN ‘N VROME SONDAGPAKKIE

“Hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid.  Amen.” Rom. 1:25


‘n Generasie van diegene wat hulleself dissipels van Jesus noem, maar wat kwalik weet hoe om te reageer op, te identifiseer met, en te praat oor die hooftema van die Bybel, is op die randjie van ‘n totale afvalligheid (apostasy).  Om God te ken in Christus is die begin en die einde van wat die Bybel poog om aan Godvergeters (almal van ons na die sondeval!) te kommunikeer.  Menslike aangeleenthede gesien as ons eie domein wat God maar net as ‘n welwillende toeskouer betrag, is niks minder as afgodery nie.  God is geensins tevrede met ‘n blote erkenning van Sy bestaan en ‘n Christelike “tip of the hat” dat Hy óns sake “so mooi reël” nie.  Die Bybel wil ons bo alles bring by ‘n visie van God wat állesoorheersend is.  God is ons Vader, ons Bron, ons lewe, ons suurstof, ons Verlosser, ons heil, ons voedsel, ons drank, ons begin en ons einde.  “In Hom lewe ons, beweeg ons en is ons…” (Hand. 17:28).  Ons teks in Romeine 1 wys onder andere op die geneigdheid na humanisme wat in ons almal is.  As ons gemeentelewe en gemeenskap met mekaar ons nie bring by ‘n immer-groeiende waardering vir die Persoon van God en ‘n honger vir Sy teenwoordigheid nie, is ons vasgevang in ‘n dodelike misleiding van humanisme wat paradeer in ‘n Christelike baadjie.  Dit kan eerstens getoets word aan ons reaksie op lering en openbaring oor die wese van God.  Het jy ‘n honger om meer van God te weet en ‘n begeerte om te verstaan wat die Bybel ons leer van Hom?  Of is dit eerder leringe oor ons aardse belange en verhoudinge wat jóú aandag trek en ‘n respons by jou uitlok?  Tweedens kan dit getoets word aan die inhoud van ons gesprekke.  As ons net heeldag praat oor my en jou en wat ons alles doen op hierdie planeet en ons deel nooit, of amper nooit, buite ‘n gemeentekonteks ons liefde en waardering vir God as Persoon met mekaar nie, dan het ons alreeds vêr weggedwaal van ware dissipelskap.  Dweper?  Nee, ware dissipel.  Eerlikheid met jouself is die begin van verandering.  Erken en bely as jy jou fokus verloor het.  God sal jou daar ontmoet.