Thursday, 30 January 2020

DIE HOOGSTE WAARDE EN GROOTSTE VREUGDE VAN WARE DISSIPELS


Dit is absoluut verstommend om te besef dat ons God mag ken en dat Hy dit deur die evangelie moontlik gemaak het dat ons Hom kan ken.  Vir ware dissipels van Jesus gaan die lewe oor die ken van God.  Vir dissipels is die ken van God nie 'n "eendag in die hemel" ding nie, maar 'n hier-en-nou werklikheid.

Christenskap gaan nie oor die onkenbare God daar vêr wat my help om 'n beter lewe op aarde te hê en my darem in die ewigheid hierna ook kans sal gee om Hom te ken nie. Reg deur die eeue het mense in die evangelie ontdek dat ons God nou-al kan ken en dat dit reeds in hierdie lewe op aarde ons hoogste waarde en grootste vreugde kan wees.

"Only to sit and think of God,   
Oh what a joy it is!
To think the thought, to breathe the Name;  
Earth has no higher bliss."

Frederick Faber

Die volgende is 'n paar van my gunsteling tekste oor "die ken van God" (meer as net "kennis óór Hom").  Gaan dink bietjie oor tekste wat vir jou kosbaar is m.b.t. hierdie wonderlike onderwerp.

"U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig." Psalm 16:11 

"Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word." Psalm 17:15

"Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel." Psalm 27:4

"Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer; want U is groot en doen wonders, U alleen is God.  Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam." Psalm 86:9-11

"En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!" Jesaja 6:3 

"Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar." Johannes 1:18

"En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het." Johannes 17:3 

"Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe— en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is— wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees." 1 Johannes 1:1-4

"Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry." Filippense 3:8

"Sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word." Filippense 3:10

Tuesday, 28 January 2020

GOD IS NOT YOUR PERSONAL MOTIVATIONAL SPEAKER


How does the gospel work practically in our daily lives? Nothing is more important than understanding the true nature of the gospel. The popular gospel of our day is a message that leaves us with the idea that God wants to renovate and improve our lives. It is basically a motivational message with God being the Great Motivator and the Bible a Motivational Manual that helps us to improve Adam and make him acceptable and "successful".

The truth is, however, that God has crucified Adam in His Son and His only plan is for Christ to live His life in us as we "grow up into Him" (Eph. 4:15). Only Christ can live the Christian life. This is why Paul said in effect that the heart of the gospel was "not I, but Christ" (Gal. 2:20).

It is only when we, often through many trials and tribulations, recognise our true condition of complete weakness in ourselves that we begin to realise that our only hope for spiritual growth is the very life and holiness of Jesus Himself, the One who has indwelt us since the first day we believed in Him and received His life.

"If I must boast, I will boast of the things that show my weakness." 2 Corinthians 11:30 

"But he said to me, "My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness." Therefore I will boast all the more gladly of my weaknesses, so that the power of Christ may rest upon me." 2 Corinthians 12:9 

Tuesday, 14 January 2020

HIERDIE JAAR GAAN EK VERANDER! REGTIG?


Dit is inderdaad rewolusionêr om te besef dat ons in en deur onsself onhervormbaar is. Daarom is die essensie van die Christelike lewe nie om te vra dat Jesus my help om 'n beter Christen, man, vrou, kind, pa of ma te wees nie, maar om eens en vir altyd vaarwel te sê vir my onafhanklike self en in geloof te aanvaar dat God se plan nog altyd was "nie ek nie, maar Christus" (Gal. 2:20).

Ons gee op en raak moedeloos, omdat ons moeg raak om onsself te probeer verander. Miskien help dit om te besef dat nie eers God probeer om ons te verander (soos wat ons gewoonlik dink oor verandering) nie. Sy plan was om ons te kruisig in Sy Seun en dan hierdie Seun in ons te gee as ons nuwe lewe en ons enigste hoop op heerlikheid (Kol. 1:27).

Probeer jy nog jouself, of jou man of vrou verander? Hoekom? Mense kan nie in hulle wese verander nie. Verander liewer jou hele perspektief en begin leef in geloof dat Christus in jou gevorm word (Gal. 4:19) en dan deur jou die nuwe lewe van liefde begin leef. Dit is die enigste basis vir wáre geestelike groei. Spoor dan ook die mense in jou lewe op hierdie manier (geloof in Christus in ons) aan tot 'n lewe van liefde (Heb. 10:24).

Is die groot geestelike geveg waartoe ek opgeroep word dus in die eerste plek ongeregtigheid en onheiligheid of is dit eie-geregtigheid en eie-heiligheid. Dit is vir seker laasgenoemde, want ek kan nooit regverdig (righteous) of heilig wees in myself nie. Nooit. My geregtigheid en heiligheid is in Christus (1 Kor. 1:30). Nooit, maar nooit, in myself nie. Daarom is die daaglikse geestelike geveg van my lewe om my eie-geregtigheid en gewaande heiligheid te verloën en in geloof (die oorwinning is slegs in geloof) te leun op die geregtigheid en heiligheid van Jesus in my.

"True repentance says 'I can't' and true faith says 'Christ can'." Ian Thomas