Monday, 30 March 2020

IS DIE EVANGELIE BEDOEL OM VIR MY 'N BETER LEWE TE GEE?


Die kort antwoord is ja, maar die rede hiervoor is radikaal anders as wat die meeste mense dink.

"Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het." Galasiërs 2:20

Die lewe wat die evangelie ons bied is die nuwe lewe, die Christus-lewe.  Dit is nie 'n verbetering van mý lewe nie, maar 'n geheel ánder lewe.  Die "lewe in oorvloed" van Johannes 10 vers 10 is die lewe van die Seun van God wat aan my geskenk word met wedergeboorte. 

Die natuur en karakter van hierdie lewe soos wat dit (Hy) uitdrukking vind op aarde in die midde van 'n gevalle mensdom is self-opoffering en diensbaarheid.  Daarom is die vraag van ware dissipels van Jesus nie meer; "wat is die voordele van die evangelie vir my lewe op aarde nie", maar eerder "waar en hoe wil God hê moet die Seun se lewe in my verwerklik word in die praktyk"?

Die vraag is dus nie eers of die sogenaamde "prosperity gospel" bestaansreg het nie, want die hele benadering wat vir Adam wil laat voordeel trek uit die evangelie is per definisie absurd in die konteks van die ware evangelie.  As jy wedergebore is het jy reeds gesterf vir die onafhanklike Adamiese lewe en die enigste lewe wat nou saak maak is die onsterflike lewe van die Seun van God in jou.

Wanneer Christus, WAT ONS LEWE IS, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word." Kolossense 3:4

"Sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word." Filippense 3:10

"Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is." Kolossense 1:24

"En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees." Filippense 4:9

Thursday, 26 March 2020

DIE HEERLIKHEID VAN DIE TROONKAMER


Wat 'n onbeskryflike voorreg om te kan lees oor dit wat die apostel Johannes gesien het in die troonkamer van God.  Lees die hoofstuk en luister dan na die kort lering.  Mag die Heilige Gees ons almal se harte en verbeelding in Christus so aangryp dat ons hele lewe sal begin gaan daaroor om "die dinge daarbo te bedink" (Kolossense 3:1-4) en om dan vanuit die troonkamer te begin dink oor ons lewens op aarde. 

Daar is geen ander manier om te leef vir 'n dissipel van Jesus nie.  Die dinge op aarde begin vervaag en die hemelse werklikhede word al hoe duideliker wanneer ons die opdragte in Kolossense drie verse een en twee ernstig begin opneem!


"Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon. En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag. En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad. En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg. En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape." Openbaring 4:1-11





Tuesday, 24 March 2020

TWO RADICALLY DIFFERENT MINDSETS


Christ lives in every true believer, but not all believers live with the same mindset or perspective. There are really only two mindsets and they are radically different mindsets.

You either live with the Adamic religious mindset or you live with the mind of Christ (1 Cor. 2:16). Your mindset is the lens through which you see and interpret everything in your life. If you do not embrace the mindset of the New Testament (the "mind of Christ") you will never become a mature Christian.

The Adamic religious mindset is focused on self, it is inevitably occupied with imperfection and it thus relentlessly attempts different processes to change the status quo of imperfection. The true Christian (New Testament) mindset ("mind of Christ") is focused on Christ, occupied with the perfection of his Person and his redemptive work and it requires only one element in order to be, as it were, activated in and then through us. Revelation!

We need a personal, inner revelation of Christ more than anything else we could ever think of. Most of Paul's documented prayers for believers in the New Testament were focused on the need for this revelation. Why? Because obviously Paul lived with this second mindset. It was the lens through which he saw everything and unless you understand this you are never going to grasp his letters or those of the other apostles for that matter.

"Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewal of your mind, that by testing you may discern what is the will of God, what is good and acceptable and perfect." Romans 12:2

Thursday, 19 March 2020

ADAM KAN NIE VIR ADAM VERANDER NIE


Menslike godsdiens se groot probleem is dat dit ons heeltyd besig hou met onsself.  Dit bevorder introspeksie en introspeksie is van geen nut vir die geestelike lewe nie. Inteendeel, dit is skadelik, want dit hou my fokus weg van die enigste ware bron van lewe en verandering, Jesus Christus. 

Begin altyd deur weg te kyk van jouself. Dit is slegs in die lig van Christus wat ons onsself werklik kan sien en slegs in Sy aangesig kan ons gelei word na ware bekering.  As ek met 'n "geestelike gereedskapskas" wil inklim en begin karring aan my siel om te sien wat alles verkeerd is, gaan ek baie meer skade doen as goed.

"Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig." Psalms 36:10

Dit is veel beter om ag te gee op God se oproep om in geloof na Hom te gaan sodat Hy sy lig kan skyn in my binneste.  Hy is die hartekenner en weet nie net presies wat verkeerd is nie, maar ook hoe om herstel te bring.

"Kom na My toe..." Mattheüs 11:28a

"Nader tot God..." Jakobus 4:8a

Kom ons neem kortliks die lewe van die profeet Jesaja as 'n voorbeeld.  Sy roeping begin in die teenwoordigheid van God, nie met introspeksie nie.

"In die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op ‘n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het." Jesaja 6:1

"Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ‘n man onrein van lippe en woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!" Jesaja 6:5

Let op dat Jesaja hierdie belydenis van sy verlorenheid eers maak nadat hy in die teenwoordigheid van God homself sien in die lig van die heiligheid van God.  Gevolglik tree God op en bring herstel en dit is eers op daardie punt wat Jesaja sy roeping en bediening ontvang.

"Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool in sy hand, wat hy met ‘n tang van die altaar af geneem het, en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen." Jesaja 6:6-7

"Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my." Jesaja 6:8

Is dit nie een van die redes waarom ons relatief min dissipels vandag sien wat in staat is om ander mense te bedien met die krag van die evangelie nie?  Ons is so besig met onsself in die konteks van 'n menslike vormgodsdiens dat ons nie die krities belangrike stap van wegkyk-van-self-na-Jesus neem sodat die proses van ware bekering, genesing, herstel, heiliging en gevolglik bediening geaktiveer kan word nie.

Tuesday, 17 March 2020

CORONAVIRUS: WANNEER GOD DIE MASJIEN AFSKAKEL


Hele nasies is huidiglik onder kwarantyn. In Frankryk, waar ons woon, is daar van vandag af 'n vyftien dae "lockdown" en mense mag slegs uit hulle huise uit gaan vir essensiële doeleindes.  Geen besoeke aan familie of vriende of selfs 'n stappie in die veld vir meer as een persoon in 'n gesin op 'n slag word toegelaat nie. Skole, universiteite en restaurante is gesluit en alle sportbyeenkomste en ander groepsaktiwiteite is gekanselleer en is tans onwettig.

A.W. Tozer het gesê: "We Christians must simplify our lives or lose untold treasures on earth and in eternity. Modern civilization is so complex as to make the devotional life all but impossible. The need for solitude and quietness was never greater than it is today."


"This is all that I have learned: God made us plain and simple, but we have made ourselves very complicated." Ecclesiastes 7:29  (GNB)

Die "masjien" van ons kontemporêre wêreld is iets wat ons as vanselfsprekend aanvaar.  God soek nog altyd onafgebroke toewyding van Sy kinders (1 Kor. 7:35), maar die "sorge van hierdie wêreld, die verleiding van die rykdom (gejaag na geld) en die begeertes na allerhande ander dinge" (Markus 4:19) verdring vandag die "woord van die koninkryk" op 'n ongekende manier en skaal. Die wêreld was nog altyd 'n moeilike omgewing vir dissipels om met 'n onverdeelde hart op Christus te fokus, maar die landbou, industriële en elektroniese (digitale) rewolusies het oor die afgelope ongeveer drie honderd jaar die struktuur van samelewings radikaal verander en die hele spulletjie as't ware op steroïdes gesit sodat die pas toenemend versnel word.

Dit is so moeilik vandag om mense se aandag te kry, selfs al brand die boodskap van Christus in jou binneste en jy kommunikeer met dringendheid en passie. Die satan het reggekry om ons lewens eksponensieël te kompliseer en fragmenteer in die moderne wêreld en die meeste van ons besef nie eers wat aangaan nie. 

"Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê." 1 Johannes 5:19 

Ons soek dikwels die antwoorde vir soveel eksistensiële probleme op die verkeerde plek. Ons dink nie eers daaraan dat baie van ons probleme ontstaan het omdat ons nie die koninkrykseise van God werklik ernstig opgeneem het en die Heilige Gees gevra het om ons te help om ons lewens radikaal te vereenvoudig nie. Ons wil die simptome behandel in plaas van om die wortel van die probleem aan te spreek.

Maar nou is die "masjien" besig om af te skakel en God gee as't ware vir ons kans om 'n slag diep asem te haal en te dink oor ons prioriteite en die werklike (nie gewaande) fokus van ons harte. Hy ontbloot die realiteite van ons lewens soos wat net Hy kan (Heb. 4:12). Ek wil pleit by jou om asseblief hierdie tyd te gebruik om met alles in jou op Christus te fokus sodat die Heilige Gees die meubels van jou aardse bestaan en die van jou gesin kan herrangskik volgens die volmaakte wil van God. 

Ek glo dat God ook op 'n massiewe skaal besig is om ongelowige mense se harte voor te berei om die evangelie van hoop in Christus alleen (die opstandingsboodskap van die boek Handelinge)/die evangelie van die koninkryk (Mt. 24:14) te ontvang soos wat hulle hoop in die tydelike wêreld in duie stort. Terselfdertyd is God besig om Sy kinders se prioriteite te skuif sodat daar 'n weermag van arbeiders kan opstaan om met enkelvoudige passie, goddelike liefde en 'n diep innerlike oortuiging die enigste hoop vir 'n verlore mensdom te verkondig; Jesus Christus die gekruisigde en verrese Verlosser en Here.

Het God jou aandag? Is jou hart gefokus, leerbaar en afwagtend? Die "masjien" van die moderne wêreld kom toenemend tot stilstand. Die *kairos tyd is hier. Ons is in die "dal van beslissing". Oestyd breek aan op 'n ongekende skaal. Dis nou of nooit.

* The Greek language has a couple of words that mean "time." The first is most familiar—chronos . It means the chronology of days, governed by the carefully calculated earths' sweep around the sun. God himself ordained this measurement of days on the fourth day of Creation, spinning the heavenly lights "for seasons, and for days and years."  But another word for time is also used in the New Testament—kairos . This speaks more to specific, God-ordained times throughout history, sometimes called the "right time" or "appointed season" (Titus 1:3).  Kairos is God's dimension—one not marked by the past, the present, or the future. When Jesus came, it was a fulfillment of promises past, a cosmic collision of the sacred and secular. It was an intersection of the holy will of God and the stubborn ways of man. It was a perfect moment.  John the Baptist said in Mark 1:15 that "time is fulfilled, and the kingdom of God is at hand."  This godly kairos pierced its way into creation at just the right time, slicing through chronos with a cry of a baby in a manger. Kairos moments then—and now—allow us to get a glimpse of the "other side." We peek around the corner at eternity. We actually glimpse how God works. As the omniscient, omnipresent Deity, God is not bound by the confines of space or time. That's why He flows into our existence when we least expect Him. We should always live our days looking for those moments, those inexplicable times when His will and his way intersect with our daily walks. (Truncated internet article)

Thursday, 12 March 2020

VERMANING EN BEMOEDIGING IN CHRISTUS


Vermaning en bemoediging (die twee lê baie naby aan mekaar in die Nuwe Testament) is bedoel om iets baie kosbaar te wees vir dissipels wat saam in nederigheid aan die voet van daardie kruis leef waar ons, ons lewens verloor het.  Ook nie net kosbaar nie, maar oënskynlik onontbeerlik.

"Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie." Hebreërs 3:13

Dit is volgens die N.T. 'n werklikheid van ons lewens "in Christus".  Vir hierdie presiese rede is dit onmoontlik om sekere mense te vermaan (wat nie die "in Christus" waarheid begryp nie), want hulle sien dit altyd as 'n persoonlike aanval. 

Die reaksie is bykans altyd "jy dink jy is beter as ek" of "jy is 'n godsdienstige huigelaar";  jy is "self-righteous".  Hier is Paulus se siening van die saak:

"Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan."  Romeine 15:14

Regtig? "Vol van goedheid"?  Hoekom praat Paulus hierdie taal?  Daar is net een manier om dit te verstaan; hy weet dat Christus in elke ware dissipel leef (Gal. 2:20).  Nie een van ons is "goed" in Bybelse terme nie (Lukas 18:19; Rom. 3:12). 

Juis daarom gaan dit nie meer oor 'n vermaning vanuit relatiewe menslike goedheid nie, maar oor 'n wederkerige geloofsvermaning wat juis die hart "weg van self" en "na Christus" wil lei.  Nuwe Testamentiese vermaning is nie vanuit "die boom van die kennis van goed en kwaad nie", maar vanuit "die boom van die lewe" (Christus). 

As ek verkeerde gesindhede, woorde en/of dade openbaar is dit omdat ek my oë van Jesus afgehaal en vanuit myself begin leef het.  Dan moet ek vermaan/bemoedig word om dit te erken en my oë terug te kry op die enigste Bron van ware goedheid, Christus in my.

Tuesday, 10 March 2020

DIE GODSDIENSMENS OF DIE NUWE MENS


"Mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het..." 2 Timotheüs 3:5a

”Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword." 2 Kor. 5:17 

Die godsdiensmens op sy beste is gekultiveerd en ingelig.  Hy het baie jare spandeer in formele of persoonlike studies om seker te maak dat niemand die feite beter as hy ken nie. Die nuwe mens weet dat hy niks weet in en uit homself nie, maar dat dit net die Heilige Gees is wat sy oë kan open om hemelse werklikhede te verstaan, maar meer belangrik om dit uit te leef.  As die Here hom gelei het op die pad van formele opleiding plaas hy geen vertroue in dit nie, maar handhaaf onwrikbaar sy geloof in die innerlike lering wat net die Gees van God kan skenk.

Die godsdiensmens is soms ook hoogs emosioneel en jaag na elke moontllike ervaring en nuwe profeet wat die groot gaping tussen gevoel en geestelike werklikheid kan opvul.  Die nuwe mens is nie gekant teen ervaring nie, maar volhard gelowig en geduldig met albei oë op Jesus in afwagting van die ryke ervaring wat ware kennis van God sonder uitsondering oplewer vir die wat onverstoord op God se volmaakte tydsberekening vertrou.

Die godsdiensmens "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie", maar hou sy wil in ysere dissipline onder die reëls, regulasies, instellings  en voorskrifte van die voorgeskrewe kerkprogram wat netjies uiteengesit is deur die voltydse religieuse amptenare.  Die nuwe mens se dissipline word stap vir stap bepaal deur sy liefde vir Jesus en die kosbare innerlike leiding van die Heilige Gees.  Sy liefde vir die Woord van God verdiep jaar vir jaar en hy beleef hoe die volmaakte wil van God die kamers van sy hart binnedring en vul met 'n vreugdevolle en kinderlike gehoorsaamheid.