Wednesday, 26 March 2014
DIE HEILIGE GEES SÊ "KOM KYK WEER"
As dit waar is dat die satan se grootste
strategie is om mense se oë te verblind sodat hulle tog net nie die heerlikheid
van Christus moet sien nie (2 Kor. 4:4), dan volg dit logies dat die 'stryd van
geloof' (1 Tim. 6:12) vir die dissipels van Jesus alles te make het met ons
heilige vasberadenheid om aan te hou om hierdie heerlikheid te aanskou (2 Kor.
3:18). Die eerste keer wat jy in die krag van die Gees die heerlikheid van
Jesus in die evangelie gesien het, het dit reddende geloof in jou hart wakker
gemaak en jou onomkeerbaar oorrompel. Nou wat jy 'n dissipel is, moet jy
presies net soos daardie eerste keer jou vreugde aanwakker en behou (Kol.
2:6). Jy moet bly by hierdie eenvoudige benadering tot die Christelike
lewe (2 Kor. 11v2-3). Die satan gebruik sorge, verleiding vd rykdom en
begeertes na ander dinge (Markus 4:19) om jou fokus skuif en jou te laat
wegsink in ongeloof of 'n sieldodende wettisisme met die doel om die lig van
die evangelie in jou lewe te verdoof en jou vreugde en liefde in Christus te
steel. Net so ook gebruik hy teleurstellings in jou verhoudinge in
jou gesin, familie, vriendekring, en gemeente om jou af te takel en moedeloos
te maak. Sodoende bring hy jou stelselmatig by 'n plek waar jy nie meer
'n vaste vertroue het dat die krag van die heerlikheid van Christus groter is
as al die teleurstellings en kragte en magte van satan nie. Hy wil hê jy
moet heeltemal ophou glo dat God se liefde in Christus oor al die negatiewe dinge
in die gevalle skepping kan triomfeer. Daarom is dit krities
belangrik dat jy sal luister na die Heilige Gees wat jou oor en oor, weer en
weer, en nog 'n duisend keer roep met 'n dringende appél "kom kyk
weer"! "Aanskou weer die heerlikheid van Christus."
Laat die Gees toe om Jesus weer en weer voor jou af te skilder (Gal. 3v1) op
tientalle maniere in die Woord totdat jou hart weer brand met die
vreugde van die evangelie en jy jou eie ongeloof en/of wettisisme oorwin het en
die liefde van Christus in jou kan deurbreek en begin om al die liefdeloosheid
rondom en binne jou te verslind. En terwyl jy lees, bid, bid en hou aan
bid vir openbaring (Efes. 1:15-17).
Thursday, 20 March 2014
ONUITSPREEKLIKE BLYDSKAP VIR EWIG
Omdat
die heerlikheid van Christus oneindig is, is die potensiaal vir menslike
vreugde oneindig. Dit is die hoofrede waarom
ons nie verveeld gaan raak in die hemel nie.
God het ons geskep om die heerlikheid van Christus ononderbroke te
aanskou en sodoende reflekteerders te wees van Sy heerlikheid (2 Kor.
3:18). Hierdie heerlikheid kan egter net
gereflekteer word deur ‘n blymoedige hart wat versadig is en dan oorloop van
die vreugde van die Here. Hoe lyk dit
met jóu hart?
“U sal my die pad van die
lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u
regterhand, vir ewig.” Ps. 16:11
“Vir
wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien
julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike
blydskap.” 1 Pet. 1:8
Sunday, 16 March 2014
WAT IS HEMEL VIR JOU?
In
sy boek “God is the Gospel” vra John Piper die vraag: “If you could have
heaven, with no sickness, and with all the friends you ever had on earth, and
all the food you ever liked, and all the leisure activities you ever enjoyed,
and all the natural beauties you ever saw, all the physical pleasures you ever
tasted, and no human conflict or any natural disasters, could you be satisfied
with heaven, if Christ were not there?” Sal jy tevrede wees met so ‘n volmaakte plek
vir ewig, maar sonder Christus? Wat is hemel
vir jou?
Thursday, 13 March 2014
JESUS EERSTE IN ALLES
Die
Bybel leer nie dat Jesus my eerste prioriteit moet wees, en dan volg my gesin,
die gemeente, my beroep, ens. nie. So
asof ek eerste aandag aan Jesus gee en dan het ek die vryheid om in ander domeins
van my lewe my eie ding te doen. Eerder
dat Jesus eerste in álles in my lewe moet wees.
Dit beteken dus Jesus is eerste en ten volle betrokke in my gesin, my
gemeentelewe, my beroepslewe, ens. Ek
het nie ‘n aparte godsdienstige lewe waar Jesus in beheer is en dan ander
lewens waar ek eintlik onafhanklik leef en maar net vir Hom vra om dit
asseblief te seën nie. Ek het net een
lewe, en dit is Christus (Kol. 3:4).
Sunday, 9 March 2014
THE HEART OF IDOLATRY
Man was created to find his joy in God in a uniquely intimate-personal
way and to thus reflect the glory of God throughout the universe for all
eternity. Therefore God commands us to “Delight
yourself in the Lord” (Ps. 37:4) and to “Rejoice in the Lord always” (Phil.
4:4). Anything less than ultimate joy in God, above all other enjoyments in your
life, is idolatry! The heart of idolatry is not that we fail to serve and obey
God, but that we do not find our ultimate joy in Him. Obedience is a fruit of joy in God. It is only as I behold the glory of Christ in
the gospel (2 Kor. 3:18) that joy in God increasingly becomes the heartbeat of
my entire life. Man was made to be a container and reflector of the infinite
beauty of God. But to do so without passion and joy would be the ultimate
insult to the glory of God, and would utterly defeat the purpose.
Wednesday, 5 March 2014
DIE HOË RISIKO VAN HAASTIGE OORDEEL
Konings, priesters,
skrifgeleerdes, geestelike leiers, politici, en selfs Sy eie familie het almal
vir Jesus van Nasaret verkeerd gelees. Vandag nog mis ons maklik Sy voetspore
en oordeel ons dikwels veels te vinnig in situasies. Uit tien haastige gevolgtrekkings oor mense
se motiewe en die waarheid van ‘n situasie is nege gewoonlik verkeerd. Pasop vir aannames! Jesus gee vir ons Goddelike insig hieroor en ‘n
opdrag om te gehoorsaam in Johannes 7 vers 24 “Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar
oordeel ‘n regverdige oordeel.” “Do not form superficial judgements, but form the
judgements that are just." (Weymouth)
Monday, 3 March 2014
DIE VADER VAN ONTFERMINGE EN GOD VAN ALLE VERTROOSTING
Vertroosting is nie net ‘n proses, ‘n metode of
‘n terapie nie. Vertroosting word gevind
in ‘n Persoon. In die finale analise is
dit net God wat werklik ten diepste kan vertroos. Hierdie vertroosting gaan uit vanaf die Vader
wat genoem word “die God van alle vertroosting”. Hy is die
Een wat die vertroosting inisieër. Die
hele Drie-eenheid is egter betrokke in hierdie vertroosting. Lees Johannes 14 vers 16 en let op die twee
“Troosters”. Jesus was ook ‘n “Trooster” in Sy bediening (Lukas 4:18-19). “Geseënd is die God en
Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van
alle vertroosting.” 2 Kor. 1:3
Subscribe to:
Posts (Atom)