Tuesday, 10 March 2015

GOD'S LOVE INSCRIPTION

The ultimate aim of divine revelation is LOVE (1 Tim. 1:5). The character of this very particular love is revealed in Gal. 5:22 - JOY is love's strength, PEACE is love's security, PATIENCE is love's endurance, KINDNESS is love's conduct, GOODNESS is love's character, FAITHFULNESS is love's confidence, GENTLENESS is love's humility, SELF-CONTROL is love's victory (The Open Bible). YOU are the scroll upon whom God writes this love letter (2 Cor. 3:2). Your HEART is the only substance on earth able to receive this divine inscription (2 Cor 3:3). All our religious discussion, teaching and activity are utterly meaningless if we fail to present our hearts to the purposes of God's LOVE inscription (1 Cor.13:1-3). The Spirit continues to write on our hearts as we behold Christ (2 Cor. 3:18).

MAINTAINING A PURE HEART

Your heart is like the mirror-surface of a dam in or through which you view reality. Most of the waves and ripples that distort reality, causing heartache and pain can be traced to the stones that you allow into your ''inner space''. Once they land on that surface the effect is predictable. Purity is a personal prerogative. ''Guard your heart more than anything else, because the source of your life flows from it.'' Prov. 4:23

HOPE SPRINGS ETERNAL

I have never met someone who does not believe in family in their heart of hearts. It is arguably the most unfailing common denominator in the hearts of people all across the planet. We spend thousands of hours and huge amounts of energy and money over many years on our families and friendships to build relationship and somehow secure a lasting and meaningful rapport that will withstand the ups and downs of circumstances and the unpredictability of human emotion. Why then do we at times argue so vehemently against a hope that stretches beyond this short and often unsatisfying life? The very existence of the saying "hope springs eternal" proves that the human heart longs for a place of uninterrupted security and bliss in relationships. That place exists and there was a Man on a cross who procured it for all who are willing to honestly face this universal inward desire as well as the evil propensity to deny it and reach out with the hand of faith to receive the gift of eternal life. Why wait? John 3:16....

GET YOUR DUMMY AT THE DOOR

It is surely an endearing thing to see a baby with its nappy on and dummy in the mouth, but what would you say if you saw a twenty-year-old with a nappy and dummy?  How about hundreds of these "babies" together?  The New Testament teaches without any equivocation that God desires to see all His children come to maturity.  "Until we all...become mature" (Eph. 4:13).

Unfortunately the reigning church culture of our day is almost preprogrammed to maintain its members in an infantile stage of spiritual development. When a church culture is primarily focused on numbers it is not surprising to see multitudes of "babies" together in one building in a permanent state of juvenile leader-dependence.  Sómething has to be done to grab the attention of these fidgety little ones.  Consequently programs and entertainment almost always take precedence over discipleship within this culture.  To be sure, seeing so many babies together looks impressive and even successful, but we have been called to be a growing "body', a living temple, and an army of God - not a daycare facility. 


According to the New Testament the purpose of the gospel and church life is bringing us to spiritual maturity in order to move our focus away from ourselves and onto those we need to disciple in all the nations of the earth (Mt. 28:19), with a view to théír maturity in Christ. If we remain in the same dependent relationship with leaders and teachers for decades we have a serious problem!  It is imperative for the health and future of the true church that we reach a maturity that enables us to fellowship with one another on equal terms as those who have received a "like precious faith" (2 Pet. 1:1).  Our roles and responsibilities will always differ, but our relational reality múst mature into the rich enjoyment of our shared heritage in Christ.  The alternative is scary - relationships that stagnate in a static and lifeless structure.  Something that moves and yet has no life in itself we call a machine.  God is looking for a living and growing organism, not a machine.

DIE VREUGDES VAN ‘N NEDERIGE GELOOF

“sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie” Hand. 17:27

“Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig.”  Rom 10:8 

“Die HERE is naby die wat gebroke is van hart…” Psa. 34:19


Aan die een kant leer die Bybel ons dat God Homself verberg vir die hoogmoedige.  Hy versluier Sy aangesig in diepe duisternis vir die onafhanklike intellek wat met die rede alleen probeer om Sy wese te peil.  Aan die ander kant leer die Bybel dat God altyd ‘n nederige geloof beloon met die heerlikheid van Sy teenwoordigheid.  Dit is ook nie net die sekulêre filosowe wat hulleself vasloop in die onpenetreerbare sluier van God nie, maar selfs teoloë wat daagliks met die Bybel werk, vind gou uit dat die woorde van God gesluit bly vir daardie knie wat nie wil buig en hart wat nie wil juig nie.  Dieselfde geld vir die dissipel wat probeer vorder in sy geloof.  God is die Kenner van harte en selfs as ons net maar erken en bely dat ons harte iewers hoogmoed opgetel het (dit gebeur so maklik), kan en sal die Vader deur die bloed van Jesus wonderbaarlik ons harte weer reinig.  Dieselfde Vader wat begeer dat Sy kinders Sy aangesig moet sien, versluier Homself vir ‘n hoogmoedige hart.  Hy kan nie teen Sy eie aard optree nie…maar Hy is haastig om die sluier te lig vir ‘n nederige geloof.  

Thursday, 5 March 2015

KRY JOU FOPSPEEN BY DIE DEUR

Wanneer ons 'n baba sien met 'n doek aan en 'n bababottel in die mond is dit vir ons 'n mooi gesig, maar wat sou jy sê as jy 'n twintigjarige met 'n doek en bottel sien?  Wat van honderde sulke "baba's" bymekaar? Die Nuwe Testament maak dit baie duidelik dat God 'n diepe begeerte het dat ál Sy kinders tot volwassenheid moet kom. 'Totdat ons almal kom tot…’n volwasse man" (Efes. 4:13).

Ongelukkig is ons gemeentekultuur dikwels vandag as't ware gepreprogrammeer om mense geestelik in die babastadium te hou.   Wanneer ‘n kultuur slegs op getalle gefokus is, gebeur dit maklik dat daar net meer en meer "baba's" in 'n gebou bymekaar gehou word en dat hulle afhanklik bly van die leierskap.  Mens moet iets doen met die woelige baba's en daarom bestaan die gevaar om te verval in programme, eerder as dissipelskap.  Soms lyk so ‘n klomp babatjies bymekaar baie suksesvol, maar ons is geroep om ‘n groeiende “liggaam”, ‘n lewende tempel van God en ‘n weermag te wees – nie ‘n dagsorg nie. 


Die doel van die evangelie en gemeentelewe volgens die Nuwe Testament is om ons by geestelike volwassenheid te bring sodat ons fokus weg kan skuif van onsself en ons dissipels kan maak "van al die nasies" (Matt. 28:19) en hulle weer by volwassenheid kan bring.  As ons in dieselfde afhanklike verhouding bly staan met voorgangers en leraars vir dekades aaneen is daar groot fout! Daar moet 'n plek kom waar ons as volwasse gelowiges gemeenskap kan hê, gefokus op Christus en met dieselfde doel voor oë. Ons rolle en verantwoordelikhede sal altyd verskil, maar ons verwantskap moet beweeg na volwassenheid. Die alternatief is verhoudinge wat stagneer in 'n statiese en dooie struktuur.  Iets wat beweeg, maar wat nie lewe het nie noem ons 'n masjien.  God soek 'n lewende organisme wat groei, nie 'n masjien nie.

Monday, 2 March 2015

HUMANISME IN ‘N VROME SONDAGPAKKIE

“Hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid.  Amen.” Rom. 1:25


‘n Generasie van diegene wat hulleself dissipels van Jesus noem, maar wat kwalik weet hoe om te reageer op, te identifiseer met, en te praat oor die hooftema van die Bybel, is op die randjie van ‘n totale afvalligheid (apostasy).  Om God te ken in Christus is die begin en die einde van wat die Bybel poog om aan Godvergeters (almal van ons na die sondeval!) te kommunikeer.  Menslike aangeleenthede gesien as ons eie domein wat God maar net as ‘n welwillende toeskouer betrag, is niks minder as afgodery nie.  God is geensins tevrede met ‘n blote erkenning van Sy bestaan en ‘n Christelike “tip of the hat” dat Hy óns sake “so mooi reël” nie.  Die Bybel wil ons bo alles bring by ‘n visie van God wat állesoorheersend is.  God is ons Vader, ons Bron, ons lewe, ons suurstof, ons Verlosser, ons heil, ons voedsel, ons drank, ons begin en ons einde.  “In Hom lewe ons, beweeg ons en is ons…” (Hand. 17:28).  Ons teks in Romeine 1 wys onder andere op die geneigdheid na humanisme wat in ons almal is.  As ons gemeentelewe en gemeenskap met mekaar ons nie bring by ‘n immer-groeiende waardering vir die Persoon van God en ‘n honger vir Sy teenwoordigheid nie, is ons vasgevang in ‘n dodelike misleiding van humanisme wat paradeer in ‘n Christelike baadjie.  Dit kan eerstens getoets word aan ons reaksie op lering en openbaring oor die wese van God.  Het jy ‘n honger om meer van God te weet en ‘n begeerte om te verstaan wat die Bybel ons leer van Hom?  Of is dit eerder leringe oor ons aardse belange en verhoudinge wat jóú aandag trek en ‘n respons by jou uitlok?  Tweedens kan dit getoets word aan die inhoud van ons gesprekke.  As ons net heeldag praat oor my en jou en wat ons alles doen op hierdie planeet en ons deel nooit, of amper nooit, buite ‘n gemeentekonteks ons liefde en waardering vir God as Persoon met mekaar nie, dan het ons alreeds vêr weggedwaal van ware dissipelskap.  Dweper?  Nee, ware dissipel.  Eerlikheid met jouself is die begin van verandering.  Erken en bely as jy jou fokus verloor het.  God sal jou daar ontmoet.