Monday, 16 March 2015

HOE MOET ONS DINK OOR DIE EINDTYE?

Annekie Barnard vra:

“Albert, as ek die Woord reg verstaan kom Jesus sy kinders haal voor die verdrukking.Mense of ek het die kat aan die stert beet wat se ons is in begin van die 7jr verdrukking. Kan jy dalk daarop vir my antw. Baie dankie. Blessings.”

Hello Annekie, iemand het eendag gesê: "die vraag is nie net wanneer Jesus terugkom nie, maar wanneer wil jy HÊ Hy moet terugkom." Ek dink daardie persoon maak 'n belangrike punt. Die heel belangrikste, myns insiens, rondom eskatologie is dat ons in ons harte 'n verwagting moet hê en 'n verlange dat Jesus moet terugkom, terwyl ons terselfdertyd ons alles moet gee vir die redding van verlore mense. Ons moet ook natuurlik volgens die Nuwe Testament áltyd reg wees beide om verdrukking te ondergaan of om te sterf, want ons weet nie of vandag of môre dalk ons laaste dag is nie.

Daar is pre-tribbers (pre-tribulationists), mid-tribbers, post-tribbers, en dan ook pre-Millennialiste, a-Millennialiste, post-Millennialiste, ook "full rapture", "partial rapture" en “no-rapture" aanhangers. In elkeen van hierdie kategorieë verskil mense dan gewoonlik ook nog oor die fynere detail van hoe die gebeure van die eindtyd gaan realiseer.  So kan ‘n mens dalk dink “aah, hierdie gelowige praat my taal”, totdat jy bietjie dieper begin delf.  Dan kom jy dalk agter hierdie mede pre-tribber glo nie heeltemal soos jy nie.  Jou vraag verg dus 'n baie lang antwoord en dalk is jy aan die einde van die antwoord meer verward as voorheen. Of anders weet jy dalk nie meer wát jy glo as jy al die moontlikhede sien nie. :-)  Dalk hét jy al wyd gelees oor die onderwerp.  Soms weer is mense so dogmaties oor wat hulle glo dat hulle glad nie belangstel in wat ander gelowiges glo oor die onderwerp nie.  Ek weet nie presies waar jy staan nie. 

Die Bybel gee vir ons baie detail oor die eindtye, maar nie altyd presiese dogmatiese antwoorde nie. Ek sou dus versigtig wees vir presiese skemas van die eindtye. 'n Beter benadering vir my is om elke gedeelte in die Skrif wat handel oor die onderwerp op eie meriete toe te laat om met jou te praat. As daar 'n waarskuwing is neem dit ter harte. Neem die opdragte ernstig op en vra die Here om jou te wys hoe jy dit in jou eie lewe moet gehoorsaam. Mediteer oor die beloftes wat gegee word, en maak dit jou eie.  Die meeste gelowiges vandag het nie hulle siening van die eindtye direk in die Bybel gekry nie (al kan hulle waarskynlik verwysings gee na 'n klompie tekste), maar liewer van predikers, leraars, hulle denominasie of boeke wat hulle gelees het wat 'n spesifieke skema van eskatologie probeer verdedig.  As daar mettertyd ‘n basiese oortuiging vorm by ‘n mens oor die moontlike verloop van die eindtye dink ek dit is belangrik dat jy in nederigheid die deur oop los vir die Heilige Gees om jou verdere lig te gee oor die saak en ook om nie te dogmaties te wees teenoor ander dissipels van Jesus nie.  Ons gemeenskap met mekaar is gebaseer op ons eenheid met Christus en ons oortuiging dat Hy wel liggaamlik gaan terugkom na hierdie aarde en ons gereed moet wees daarvoor, nie op ons spesifieke siening van die detail rondom tye en historiese gebeure nie. 

Bo alles, maak seker dat jy leef in 'n "eerste liefde" verhouding met Jesus Christus sodat hy met jou eie hart uit die Skrif kan praat oor Sy wederkoms en hoe jy daarvoor voorbereid moet wees. Dít is, myns insiens, veel belangriker as om al die argumente reg te hê om 'n skema te verdedig, terwyl 'n mens se hart dalk nie werklik voorbereid is vir die wederkoms van Jesus nie. Openbaring hoofstukke 1 tot 3 is 'n wonderlike gedeelte vir gemeentes en individuele gelowiges om te bestudeer met die oog op hartstoetsing in die lig van Christus se heerlikheid vandag en vir die toekoms. Laastens wil ek graag net 'n gedeelte aanhaal wat 'n oorkoepelende waarheid rondom die implikasies van die Vleeswording van Jesus uitlig.   Ongeag wat ‘n mens se siening is van die eindtye, gee hierdie tekste bemoediging en ‘n vaste versekering dat Jesus op die Troon is en daar sal bly.

“Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.” Jes. 9:5-6 (NAV)

Of the increase of his government and of peace there will be no end…now and forevermore.” Isa. 9:7a (ESV)


N.S. Ek probeer nie met hierdie plasing die idee skep dat dissipels van Jesus nie in liefde en nederigheid kan praat oor die detail van die eindtye vanuit spesifieke gedeeltes in die Skrif nie.  Ek poog eerder om die fokus te plaas op die kondisie van ons hárte m.b.t. die onderwerp.  

Wednesday, 11 March 2015

DIE GOEIE NUUS AAN DIE ANDER KANT VAN MISLUKKING

“Petrus sê vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie?  Ek sal my lewe vir U gee.  Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee?  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloën het nie.”  Joh. 13:37-38 


Petrus is seker dat hy die passie en moed het om sy lewe vir Jesus neer te lê.  Die probleem is net Petrus ken nog nie sy eie hart nie.  Petrus vertrou nog op sy eie wilskrag en menslike oortuiging.  Jesus ken egter elke mens se hart en Hy weet dat nie een van ons die bedrieglikheid van die hart kan baasraak nie.  Inteendeel, daai hart aan homself oorgelaat, gaan Jesus keer op keer verloën.  Maar daar’s goeie nuus! Verder aan, in hoofstukke 14 tot 17 van Johannes, gee Jesus vir Sy dissipels dosyne kosbare beloftes met betrekking tot die nuwe verbond en nuwe krag vir ‘n heilige lewe.  Dit het alles te doen met Sý lewe ín ons (Joh. 15:5).  Gaan lees bietjie Johannes 14 tot 17, merk die beloftes en maak dit jou eie.  

Tuesday, 10 March 2015

VOLHOUBARE BEDIENING

Die enigste volhoubare basis vir vrymoedige en vreugdevolle bediening is die verhoudingskapasiteit wat deur die evangelie van volmaakte vryheid gestimuleer word.

KNOWLEDGE INVESTED

Knowledge that is not shared, and shared for the edification of others, becomes a stronghold of pride. Invest your life in people! It is the only bank with interest accumulating in heaven.

PROCLAIM CHRIST, NOT YOURSELF

We must be very careful to never present ourselves as the strong and wise ones in our ministry to others. Rather we must present ourselves as the weak ones, and Christ as the Strong One in and through us. Redemption & deliverance is in Him alone.  He alone is the Hope of the world.  Without Him we can do nothing (Jn. 15:5).  'For what we proclaim is not ourselves, but Jesus Christ as Lord' (2 Cor. 4v5).  Study all of 2 Corinthians in this light.

GRACE AND GRATEFULNESS

Gratefulness is one of the clearest indications that we are living in the realm of grace. Ungratefulness advertises the barren state of our hearts. It is the fruit of a mode of being disconnected from the kindness and favour of God extended freely in Christ. It openly displays the folly of a life lived within the narrow confines of a futile effort to reach perfection by self-effort.

ECHOES OF ETERNITY

Despite the widespread evidence of regression and decay all around us, there is something in man that persistently believes that we are more than just eating, drinking and procreating beings destined to die and vanish into oblivion. This echo of eternity within the heart of man cannot be reasoned away and when the clear call of the gospel comes the heart answers without exception. Yet many choose to deny this echo and instead chase the illusion of material security bolstered by many and varied 'clever' arguments designed to silence the voice of the heart. "For what will it profit a man if he gains the whole world and forfeits his soul?" Mt. 16:26