Monday, 22 October 2018

WILSKRAG OF GEWILLIGHEID?

In die wêreld is dit gewoonlik die persoon met die sterkste wilskrag en deursettingsvermoë wat suksesvol is.  Motivering aktiveer die wil en die wil gee die deurvoering vir dit wat ons beplan.  Daarom is ons ook gou om vandag vir mekaar te sê "glo net jy kan"!

Is dit egter hoe dissipelskap werk?  Word Jesus effektief gevolg deur menslike wilskrag?  Ek lê aan jou voor dat die appél van die evangelie op gewilligheid (m.a.w. die hart) is en nie wilskrag per se nie.

"My seun, gee my jou hart, en laat jou oë ‘n welgevalle hê in my weë." Spreuke 23:26 

Enigiemand wat Jesus wil volg op die pad van die kruis kom gou agter dat wilskrag nie hier gaan werk nie.  Daarteenoor verwag die Here dat ons gedurig net ons harte voor Hom sal hou in 'n  liefdesgewilligheid sodat Hy dan deur die krag van die Gees Sý wil in en deur ons kan laat geskied. Gewilligheid teenoor wilskrag is nie 'n passiewe dissipelskap (passiwiteit) nie, maar 'n baie aktiewe luister vir die stem van die Gees in my binneste.

"Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!" Lukas 22:42b 

Ek vermoed dat hierdie eenvoudige waarheid vir baie (wat dalk al moedeloos is langs die pad van 'n wilskrag Christenskap) 'n groot las van hulle skouers sal afrol om dan eerder die "sagte juk" en "ligte las" van Jesus op te neem (Mt. 11:30).

Gaan dink 'n bietjie oor die volgende tekste in hierdie verband:

"Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe."  Spreuke 4:23 

"...dit is goed dat die hart versterk word deur genade..."  Hebreërs 13:9 


"Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele."  Mattheüs 11:29  

Monday, 15 October 2018

IS JY 'N DISSIPEL?


Bybelse geloof is gebaseer op liefde vir God.  Dit is nie net om in te stem met Bybelse feite of om dit te bely nie.  Ek wonder of daar 'n waarheid is wat ons generasie meer nodig het om te hoor as hierdie een.

Vir een of ander rede het die idee by ons posgevat dat party dissipels Jesus liefhet en dat ander maar net glo in Hom  en dat dit nie regtig so 'n groot verskil maak in die finale analise nie.  Solank jy net glo.  Reg?

Nee, heeltemal verkeerd.  Die "duiwels glo ook" (Jak. 2:19), maar hulle het geen liefde vir God nie.  So 'n geloof kan niemand red nie. 

Waarom is die terme van dissipelskap wat Jesus neerlê so streng? Soos byvoorbeeld Mattheüs 10 vers 37: "Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie."

Want dit toets ons liefde vir Hom!  Sonder hierdie liefde kan ons volgens Jesus self níe Sy dissipels wees nie.  Jesus het geen dissipels wat Hom nie só liefhet nie.  Nie eers een nie.  Miskien moet ons weer gaan dink oor wat dit beteken om "dissipels" te maak "van al die nasies" (Mt. 28:19) en wat die inhoud en oogmerk is van die evangelie wat ons verkondig. 

Maar los dit ons nie dan net weer by redding deur verdienste en nie deur geloof alleen nie?  Nee geensins nie, want hierdie liefde vir Jesus is die gevólg van Sy liefde vir ons en dit is dan ook die wese van Bybelse geloof.

"Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het." 1 Johannes 4:19 

Indien hierdie liefde vir Jesus dus nie in my hart is nie, bewys dit net een ding; die evangelie het nog nooit tot binne in my hart deurgedring om daar Bybelse geloof op te wek nie (Rom. 10:17).  Dan het ek dringend nodig om na God te draai en te bid dat dit wel sal gebeur.  Dit is letterlik 'n saak van lewe en dood.

Monday, 8 October 2018

REDDING HET ALLES TE DOEN MET DIE AANGESIG VAN JESUS CHRISTUS

Hoe ons ookal die evangelie wil beskryf of definieër, een ding is duidelik; geen definisie van die evangelie wat nalaat om die "aangesig van Jesus Christus" sentraal te maak, kan ten volle die goeie nuus openbaar nie.

"Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus." 2 Korinthiërs 4:6

Ons word gered "in die aangesig van Jesus Christus" soos wat die Heilige Gees Hom vir ons "afskilder" (Gal. 3:1) tydens die ware prediking van die evangelie. Ons word verder ook geheilig en verander soos wat ons áánhou om die heerlikheid van Christus te aanskou (2 Kor. 3:18). 

Daarom kan ons waarlik sê dat Jesus Christus nie net ons Redder is nie, maar dat die aanskoue van Sy aangesig ook die doel van ons redding is.  Hy is voorwaar die "Leidsman en Voleinder" (Heb. 12:2) van ons geloof!  Die Bybel sê nie verniet dat die straf van die ongelowige 'n ewigheid "weg van die aangesig van die Here" is nie.   Dit is 'n skrikwekkende gedagte.

"Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte." 2 Thessalonicense 1:9 


Dink jy aan jou geloofslewe as die aanskoue van die aangesig van Jesus in die evangelie?  Dit is nie net absoluut skriftuurlik nie, dit is die grootste vreugde moontlik vir enige skepsel.  Die hemel het alles te doen met Sy aangesig en die hel met die afwesigheid van sy aangesig.

Thursday, 20 September 2018

EEN HOËPRIESTER IN DIE HEMEL, MAAR ALMAL PRIESTERS OP AARDE


Volgens die Merriam-Webster Woordeboek behels die Priesterskap van Alle Gelowiges die volgende:

'n Lering van die Protestantse Christelike Kerk: elke indiwidu het direkte toegang tot God sonder ekklesiastiese (kerklike) bemiddeling en elke indiwidu het die verantwoordelikheid om die ander lede van die gemeenskap van gelowiges te dien en bedien. 

Die Nuwe Testament maak dit baie duidelik dat daar net een Hoëpriester is vir alle gemeentes op aarde en dat elke gemeente op aarde soveel priesters het as wat sy lede het.

"Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele." Hebreërs 8:1 

"Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom.." 1 Petrus 2:9 

"En ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen." Openbaring 1:6 

Die vraag is egter of die leer van die priesterskap van alle gelowiges werklik ywerig, konsekwent en op alle terreine toegepas word vandag in evangeliese gemeentes? 

Die briewe van die Nuwe Testament is hoofsaaklik geskryf aan gelowiges, nie leiers nie. Nuwe-Testamentiese leierskap is radikaal Christus-gesentreerd en ten volle lidmaat-gerig (Matt 23:8-12). Dit is daarop gerig om konstant en aanhoudend gelowiges vas te maak aan Christus as hul Hoofleier en om gelowiges toe te rus om dissipelmakers te wees. Dit is tyd vir ons om op te hou om bloot te praat van die priesterskap van alle gelowiges en om dit werklik te begin toepas in ons gemeentelewe.

Wat ons hier vir mekaar sê, verg ’n groot paradigmaskuif in die konteks van ons huidige gemeentepraktyke, maar dit is van kardinale belang vir die uitvoering van God se plan vir sy Gemeente. God se plan is eenvoudig en bedoel om deurdringend te wees: Élke lid van die liggaam toegerus, élke lid in die Woord, élke lid radikaal Christusgesentreerd en geaktiveer deur die evangelie en élke lid ’n dissipelmaker. Totdat ons hierdie spesifieke doelwit het, mis ons die merk heeltemal en mors kosbare tyd, selfs met al ons kerkprogramme, vergaderings, komitees, opleidingskursusse en dies meer.

Thursday, 13 September 2018

ONE VERSE TO BRING THEM ALL AND IN THE LIGHT UNBIND THEM


One Verse to cure them all, One Verse to find them
One Verse to show them Man's Religion and from the Shadows guide them
One Verse to bring them all, and in the Light unbind them

"Therefore, my beloved, as you have always obeyed, so now, not only as in my presence BUT MUCH MORE IN MY ABSENCE [my emphasis], work out your own salvation with fear and trembling." Philippians 2:12

There is enough in this one verse of Scripture rightly understood to forever cure the church of the unhealthy emphasis of the leadership/personality cult that has paralysed her for centuries.  In our day especially where the New Apostolic Reformation (NAR) has given the organised church a renewed injection of leadership mania we need to pay very close attention to what an original apostle no less wrote under the inspiration of the Holy Spirit. 

Just when it seemed like the church would at last be freed from its unscriptural one-pastor-one-congregation dependence and begin to grow up IN CHRIST the NAR came along and started the whole sick story all over again.  But this time it went on steroids and gave the "new apostles" an authority, truth be told, that not even the original apostles had.  The sad truth is that hardly anyone pays enough attention to stand up and refute this deception.

Paul expected the disciples in churches that he ministered in to understand the nature of the new covenant:

·         Jesus is Directly the Lord of every single disciple for He lives vitally within every disciple (John 17:21, 23)
·         He alone is our True Leader and Teacher (Matthew 23:8-10)
·         He is the only Chief Shepherd (1 Peter 5:4) and all true under-shepherds will turn every disciple's focus on Him as far as they possibly can
·         He teaches every disciple Directly by the inner anointing of the Spirit (1 John 2:27)
·         In the ultimate sense we are only truly disciples of Jesus Himself not of any man (Matthew 28:19; Acts 20:29-30)
·         No one may preach and promote himself in such a way as to attach disciples to himself and his ministry instead of to Jesus and His inner ministry (the essence of the New Covenant)
·         Every disciple ultimately has to stand on his own feet with his own faith and bear his own load (Galatians 6:5)
·         All true leaders lead in the shadow of Jesus, they do not push Him into their shadow!
·         We should follow true leaders only "as they follow Christ" (1 Cor. 11:1), that is with the exclusive purpose of strengthening our own relationship with Jesus as we observe their relationship with Him.
·         All true leaders attach disciples to Jesus, not to themselves (2 Corinthians 11:3)
·         We are to follow the One Kingdom Vision (to bring everyone in subjection to Jesus) of our true Lord and Saviour, not the multitudes of visions of earthly leaders in their selfish ambition
·         All disciples are to "grow up into Christ", not in attachment to an earthly leader thus remaining immature and unfruitful
·         Every disciple will one day stand before Jesus alone and give account of his own life to the Lord (2 Corinthians 5:10)
·         Yes it is true, leaders will also have to give an account of those whom they led and discipled (Hebrews 13:17), but the issue for them will be whether they pointed disciples to Jesus (not themselves), for a growing relationship with Him Directly is the ONLY SAFE PLACE for human beings!

So why should disciples pay attention to this with "fear and trembling"?

"For it is GOD [my emphasis] who works in you, both to will and to work for his good pleasure." Philippians 2:13 

Let him who has ears hear, discern and separate himself with urgency and haste from this pervasive error.  This is no inconsequential peripheral matter.  It goes to the heart of the very new covenant and it has caused incalculable damage to the eternal purpose of God in Christ for His church.

Even more seriously (if that is possible), it exposes people to the terrible danger of false conversion because they attach themselves to mere human leaders and in some cases they unwittingly expect the leader's faith to sweep them into heaven as it were.  This is a most solemn warning to everyone who is involved in this error and deception in whatever way. 

Some have been caught up in this and others are ignorant of its dangers.  Still others do not want to disturb the status quo and are perhaps too fearful to swim against the tide.  But then there are those who know what they are doing and who actively promote this false and unscriptural idea of leadership and discipleship.  Whoever you are, my prayer is that you would hear the voice of God today and that He would lead you out of any and every system, church or movement that keeps disciples wittingly or unwittingly from a growing, personal relationship with Jesus their only true Leader and Lord.

"Truly, truly, I say to you, he who does not enter the sheepfold by the door but climbs in by another way, that man is a thief and a robber.  But he who enters by the door is the shepherd of the sheep.  To him the gatekeeper opens. The sheep hear his voice, and he calls his own sheep by name and leads them out.  When he has brought out all his own, he goes before them, and the sheep follow him, for they know his voice." John 10:1-4 

Wednesday, 12 September 2018

NUWE BEGEERTES IS DIE GROOT TOETS VIR EGTHEID


Met die wedergeboorte ontspring daar nuwe begeertes in 'n mens se hart.  Dit is dus baie meer as net 'n belydenis, 'n instemming tot korrekte leerstelling, 'n nuwe benadering tot die lewe of 'n nuwe begrip, ingesteldheid of gesindheid.  Esegiël profeteer as volg oor die wese van die nuwe verbond:

"En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen." Esegiël 36:27 

Hierdie begeertes is vir seker nog nie so sterk soos hulle kan of gaan wees in die jong gelowige se hart nie, maar hulle is nietemin eg en lewenskragtig.  Daarom kan ons sonder enige vrees vir teëspraak die stelling maak dat die ware en egte Christelike geloof ten diepste te doen het met nuwe begeertes in die dissipel se hart.  In elke ware dissipel se hart is daar byvoorbeeld 'n begeerte om God te ken en Hom te gehoorsaam, om heilig te leef, om geestelike en hemelse dinge te bedink d.m.v. die Woord van God (sonder noodwendig onmiddellike voordeel vir myself), om die gemeenskap van ander dissipels van Jesus te geniet, om te sien hoe verlore mense tot redding kom, ensovoorts.

Alle dissipels gaan deur tye waar hulle moet veg teen wêreldse begeertes, maar in die ware dissipel triomfeer die nuwe begeertes van die nuwe lewe in Christus en hierdie nuwe begeertes dra vrug wat bly. In die pseudo dissipel oorwin die begeertes van die wêreld en is daar later nie eers meer uiterlike tekens van Goddelike begeertes nie.

"Maar...die begeertes na allerhande ander dinge kom op en verstik die woord, en dit bly sonder vrug." Markus 4:19  (NAV)

Laat elkeen baie seker maak dat daar wel nuwe begeertes in sy of haar hart ontspring het.  As dit nie die geval is nie het jy nodig om dringend na Christus te draai met jou hele hart en siel en God te vra vir die ware wedergeboorte wat net in Christus beskikbaar is.

Thursday, 6 September 2018

VRY OM DIE DINGE DAARBO TE BEDINK


"En die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar."  Markus 4:19 

Jesus sê dat die alledaagse, aardse dinge waarmee ons elke dag te doen het die verskriklike potensiaal het om die woord van die koninkryk in ons harte te verstik.  En terloops, die beginsel geld ook vir die wat reeds wedergebore is.  Maar hoe is ons dan veronderstel om te leef in die tydelike in 'n gevalle omgewing en met gevallenheid in ons eie harte?  Ons vind die antwoord in tekste soos die volgende:

"Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle."  1 Petrus 5:7 

"Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God." Filippense 4:6 

Die interessante is egter dat die doel van hierdie opdragte en beloftes nie is om ons net 'n kommervrye bestaan te gee nie, maar om ons te bevry van aardsdenkenheid.   Sodoende kan ons met ons hele hart en siel die dinge daarbo bedink en 'n koninkrykslewe leef in die tydelike.

"Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie."  Kolossense 3:2 

Gebruik jy jou vryheid in Christus om die hemelse werklikhede na te jaag en dan uit te leef op aarde of net om 'n kommervrye bestaan te hê?  Dit is 'n vraag wat elkeen van ons vir homself voor die Here moet antwoord.