Tuesday, 8 December 2020

VERLOS VAN DIE YDELHEID VAN TYD

 "Forever young, I want to be forever young."  Marian Gold

"Tomorrow, and tomorrow, and tomorrow

Creeps in this petty pace from day to day

To the last syllable of recorded time.

And all our yesterdays have lighted fools

The way to dusty death. Out, out, brief candle.

Life’s but a walking shadow, a poor player

That struts and frets his hour upon the stage,

And then is heard no more. It is a tale

Told by an idiot, full of sound and fury,

Signifying nothing."

William Shakespeare (in Macbeth)

 

Shakespeare bring die ware aard van tyd ("the vanity of time") en die mens se belewenis daarvan na vore hier. In die roetine van elke dag is daar heeltyd die vorentoe kyk na môre wat ook maar net weer dieselfde leë en sinlose vorentoe kyk bring wanneer daardie môre aanbreek.

Intussen reflekteer ons op ons gisters wat met dwaasheid die pad verlig na 'n einde wat net die dood en ons terugkeer na stof inhou.  Gevolglik is ons dae dan soos die onophoudelike geraas en gebabbel van 'n idioot wat praat sonder sin of doel. Dít is die "dae" van die mens op aarde wanneer Christus nie in die middelpunt is nie.   Hy alleen kan ons verlos van die ydelheid van tyd om ons daagliks in te lei in die rykdom van die ewigheid in Homself.

Hy alleen vul ons dae met geloof, hoop en liefde.  Dit is so verstommend anders as die wêreld se belewenis van tyd.  Dit is egter ook moontlik vir dissipels van Jesus om visie te verloor op die heerlikheid in Christus en dan geleidelik weer te verval in die ongelowige wêreld se ydele belewenis van tyd.  As dit inderdaad jou ervaring is, vra die Vader om jou nuwe visie te gee op die enigste Een wat jou siel kan verlos van die web van ydele dae.

"Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.  Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld?  Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wêreld bly altyd dieselfde.  Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy opkom.  Die wind waai suid, draai noord, waai hierheen en daarheen en dan draai hy maar weer.  Al die riviere loop in die see in, maar die see word nooit vol nie. Die riviere hou aan om te loop na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het.  Woorde vervaag mettertyd, en 'n mens kry nie klaar met praat nie. Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie; die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie.  Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.  Kan jy van iets sê dit is nuut? Nee, dit was lankal daar, lank voor ons tyd.  Wat verby is, word vergeet, en ook wat later kom, sal vergeet word deur dié wat daarna kom.  Ek het alles wat in hierdie wêreld gebeur, bekyk: alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind." Prediker 1:2-11, 14

DAARTEENOOR:

"Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap." 1 Petrus 1:8-9

"Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele."  2 Korinthiërs 5:1

" My tye is in u hand..."  Psalms 31:16

"Omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie."  Kolossense 1:4-5

Thursday, 3 December 2020

DIE EVANGELIE WAT MENSE VERANDER...REGTIG

Glo jy aan 'n evangelie wat mense verander of net aan 'n evangelie wat mense vergewe vir hulle onveranderlike kondisie?  Miskien is jou antwoord: "die evangelie wat my man, vrou, kind of buurman kan verander moet nog ontdek word"!  Of as jy jouself bietjie beter ken..."wat mý werklik en deurgrondelik kan verander".

Miskien is jy reg.  Miskien is daardie evangelie nog nie ten volle ontdek in ons tyd nie.  Hmmm...  Die goeie nuus is egter dat daardie evangelie steeds nêrens anders gevind kan word as in die blaaie van die Nuwe Testament nie.  Ons hoef nie iewers anders te gaan soek nie, ons moet dalk net weer en die keer bietjie dieper gaan kyk. 

Dit is regtig hoog tyd dat ons die verskraalde evangelie wat nét fokus op vergifnis van sondes agterlaat en aanbeweeg na die volle boodskap. 

"Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."   2 Korinthiërs 5:17

"Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense."  2 Korinthiërs 3:2

Dit is net verstommend hoe daar duisende debatte op die internet is oor elke moontlike teologiese kwessie, maar die reuse olifant in die kamer, naamlik onveranderde lewens, kry bykans geen lugtyd nie!

"Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!"   Galasiërs 6:15-16

Dit is vir seker so dat daar geen mens nog ooit beduidend verander het sonder die bediening van die Heilige Gees nie, maar die Heilige Gees werk áltyd op grond van ons identifikasie met Christus voor die grondlegging van die wêreld (Efes. 1:4) en die afgehandelde werk van Jesus in tyd (Rom. 5:12-21).

"Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig."  Johannes 16:14

Kom ons staan gou stil by die drie bedieningslyne waarlangs die Heilige Gees volgens die Nuwe Testament altyd beweeg wanneer Hy  verandering bring. 

 

VOLMAAK:  Jesus is volmaak en Sy verlossingswerk was volmaak en dit is vir ewig afgehandel.  Niks kan daar bygevoeg word nie.  Ons kan geen ander plek begin nie.  Die Heilige Gees wil altyd eers ons aandag afkry van ons onvolmaakte kondisie en ons ten volle laat fokus op die volmaakte Jesus en sy volmaakte werk.  Jesus se volmaaktheid help óns egter niks as ons nie ten volle met Hom geïdentifiseer is nie, maar die evangelie verkondig juis dat ons ís!

"En in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid...."  Kolossense 2:10 (NAV)

'n Goeie vraag om dadelik te vra is "waar is daai volmaaktheid"?  Dit is in jou gees, waar jy verenig is met Christus (1 Kor. 6:17).  Jy is gees, siel en liggaam (1 Thes. 5:23) en al voel of beleef jy nie die volmaaktheid nie het jy nodig om te GLO wat die Bybel sê.  Die werklikheid in jou gees kan op geen ander manier deurwerk na jou siel en liggaam nie.

 

AFGESONDER:  Die tweede lyn waarlangs die Heilige Gees ons kosbaar en wonderlik bedien in hierdie proses is die waarheid van volkome afsondering.  Dit is 'n waarheid wat ons generasie amper nog swaarder aan sluk as die eerste een.  Die Heilige Gees neem eerstens ons oë van onsself af en rig dit op Christus.  Dan wys Hy vir ons dat ons nie in die volheid van die nuwe lewe en identiteit kan wandel as ons nie bereid is om te aanvaar dat ons volkome afgesonder is van beide die sekulêre en godsdienstige wêreld en selfs ons eie idees van wie óns is nie.  Kyk na die volgende tekste in hierdie lig.

"En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys."  Genesis 12:1

"Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus." Galasiërs 3:16

"Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het."  Galasiërs 1:15

"Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die SKEIDING VAN SIEL EN GEES [my beklemtoning] en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart."   Hebreërs 4:12

"Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld."  Galasiërs 6:14

Is jy bereid om die Heilige Gees te volg op hierdie pad.  Terloops, Hy word nie verniet die HEILIGE Gees (Gees van afsondering) genoem nie.  Hy sonder jou eers af van alles en almal en wys jou toenemend dat jou lewe IN CHRISTUS alleen gevind word en dan kan Hy eers begin om jou werklik te gebruik in jou omgewing waar Hy jou geplaas het.  Niemand kan ander effektief bedien as hy self verstrengel is in hulle gevalle werklikheid nie.

 

VERVUL MET LIEFDE:  Nou eers begin die volheid van die Goddelike liefde kragtig deur ons bruis soos strome van lewende water en word ons van dag tot dag gedring deur 'n liefde wat nie van onsself kom nie.

"Want die liefde van Christus dring ons."  2 Korinthiërs 5:14

"En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is."  Romeine 5:5

"Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei."  Johannes 7:38

Nou eers kan ons in Bybelse gebrokenheid begin bedien.  Nog iets wat ons vandag nie veel van sien nie.

 

"En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon." 2 Korinthiërs 12:9

"Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag." 1 Korinthiërs 2:3-4

Die populêre idees van liefde vandag is so vêr verwyder van hierdie bonatuurlike liefde soos wat ons planeet verwyder is van die verste sterrestelsel in ons heelal.  Dit is 'n onbeskryflike liefde en ons generasie het hierdie Goddelike liefde so nodig.  Dit kan egter nooit realiseer in die liggaam van Christus as ons nie eers langs die lyne van volmaaktheid en afsondering IN CHRISTUS bedien word nie.  En verder moet ons sekerlik ook erken dat die boodskap van liefde heeltemal verwronge is vandag en juis so fataal skeefgetrek is omdat dit nie binne die konteks van afsondering (heiligheid) verstaan word nie.

Miskien kan ons dan nog net vir mekaar vra: "Is jy tevrede om aan te gaan soos jy is in die hoop dat God ons growwe verwaarlosing van die volle evangelie op een of ander manier sal oorsien of is jy bereid om oor te gee aan die bediening van die Heilige Gees langs die drie lyne van hierdie kosbare evangelie wat alleen ware verandering kan bring in ons almal se lewens"?

Saturday, 28 November 2020

AANMEKAARGEPLAKTE SPIEËLS

"Bitterbessie dagbreek, bitter bessie son, 'n spieël het gebreek tussen my en hom..."  Ingrid Jonker

" Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens." Spreuke 27:19

Ware verhouding tussen mense is baie dieper as wat ons dikwels dink.  Dit is as't ware soos 'n spieël waarin ek kyk en wederkerige respek, waardering, vriendelikheid (kindness) sien.  Daar is 'n onsigbare transaksie tussen harte wat amper onmoontlik is om in woorde te verduidelik.  Hierdie wisselwerking het vir seker ten diepste te doen met die ware ontwerp en oorsprong van die mens.

"En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape."  Genesis 1:27

Hierdie waarheid het betrekking op alle verhoudings van alle mense in alle nasies en kulture, maar na wedergeboorte word die spieël tussen ons iets meer.  Nou word die beeld as't ware beduidend verskerp in terme van ons eenheid in Christus; d.w.s. "in die aangesig van Christus" (2 Kor. 4:6). 

Dit mag dalk vir jou baie misterieus en selfs misties klink, maar ons almal weet hoe dit voel wanneer daar 'n verhoudingsbreuk is met mense naby aan ons.  Die spieël het gebreek.  Die refleksie van waardering, respek en vriendelikheid is ónderbreek.  Wat nou gemaak?

"Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op ‘n dag teen jou sondig en sewe maal op ‘n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou—moet jy hom vergewe."  Lukas 17:3-4

As jy hierdie vers lees en al wat jy sien is vergifnis, moet jy weer lees.  Let mooi op na die frases "as hy berou kry" en "terugkom en sê: ek het berou".  Dit gaan nie net oor vergifnis nie, maar ook oor versoening en herstelde verhouding.  Daardie spieël moet bonatuurlik deur God herstel word. 

As iemand (of soms albei) die spieël tussen julle gebreek het, moet daai drie moeilike woordjies ("ek is jammer": sien die NAV van vers 4) in opregtheid geuiter word voor daar werklik versoening en herstelde verhouding kan wees.  Anders is dit 'n aanmekaargeplakte spieël en die verhouding sal nooit maar nooit weer dieselfde wees nie, want die beeld is nou verwronge.  Die meeste van die tyd lei dit dan net tot geleidelike verwydering van mekaar of 'n spieël wat die volgende keer in 'n duisend stukke spat en gewoonlik herstel so 'n verhouding nooit.

Jy kan en moet die persoon voor God en in jou hart vergewe, maar versoening en herstelde verhouding vind nooit plaas sonder erkenning dat daar geloop is oor die spieël tussen ons nie.  Dit is die wese van verhouding en God self het dit so ontwerp toe Hy ons geskep het na die beeld en gelykenis van Sy Seun.

Friday, 13 November 2020

HOW BIG IS YOUR JESUS?

 The New Testament teaches very clearly that the Christian life can only be lived by Christ in the believer (Gal. 2:20).  All other approaches to Christianity are bound to fail dismally. 

If you already believe this, but it is not the consuming truth and passion of your life it might be because your view of this Jesus who lives in you is smaller than what the Bible reveals about Him.

How big is your Jesus? Is He really sufficient for all things pertaining to "life and godliness"? 

"His divine power has granted to us all things that pertain to life and godliness, through the knowledge of him who called us to his own glory and excellence."  (2 Pet. 1:3) 

When the Bible says you are "complete in Him" (Col. 2:10) it wants to turn your attention to HIS COMPLETENESS and SUFFICIENCY so that you would never again fall for a "Jesus plus" message, no matter how it is presented to you.

"For in him the whole fullness of deity dwells bodily." Colossians 2:9 

"Not that we are sufficient of ourselves to think of anything as being from ourselves, but our sufficiency is from God..." (2 Cor. 3:5)

Jesus is sufficient for creation (Col. 1:16-17),

Salvation (Heb. 10:10-12),

Sanctification (Eph. 5:26-27),

Glorification (Rom. 8:30).

There is no blemish, stain, spot of sin, defilement, lying, deception, corruption, error, or imperfection in Him (1 Pet. 1:18-20).

He is the only begotten Son (John 1:14,18); 

All the treasures of wisdom and knowledge are in Him (Col. 2:3); 

He is heir of all things (Heb. 1:2);

He created all things and all things were made by Him, through Him, and for Him (Col. 1:16); 

He upholds all things by the word of His power (Col. 1:17;  Heb. 1:3); 

He is the firstborn of all creation (Col. 1:15); 

He is the exact representation of God (Heb. 1:3).

He is the only Mediator between God and man (1 Tim. 2:5);  He is the Sun of righteousness that rises with healing in his wings (Mal. 4:2); the Physician that heals;  the Wall of Fire that defends;  the Friend that comforts;  the Pearl that enriches;  the Ark that supports;  and the Rock to sustain under the heaviest of pressures; 

He is seated at the right hand of the throne of the Majesty on high (Heb. 1:3;  8:1);  

He is better than the angels (Heb. 1:4-14); better than Moses; better than Aaron; better than Joshua; better than all the prophets; incomparably greater than Satan (Luke 4:1 - 12); and stronger than death (1Cor. 15:55).

He has no beginning and no end (Rev. 1:17-18); 

He is the spotless Lamb of God; 

He is our Peace (Eph. 2:14); He is our Hope (1Tim. 1:1);

He is our Life (Col 3:4); 

He is the living and true Way (John 14:6); 

He is the Strength of Israel (1 Sam 15:29); 

He is the Root and Offspring of David, the Bright and Morning Star (Rev. 22:16); 

He is Faithful and True (Rev. 19:11); 

He is the Author and Finisher of our faith (Heb. 12:1-2); 

He is the Captain of our Salvation (Heb. 2:10); 

He is the Champion;  He is the Elect One (Isa. 42:1); 

He is the Apostle and High-Priest of our confession (Heb. 3:1); 

He is the Righteous Servant (Isa. 53:11).

He is the Lord of Hosts, the Redeemer - the Holy One of Israel, the God of the whole earth (Isa. 54:5);

He is the Man of Sorrows (Isa. 53:3); 

He is the light; He is the Son of Man (Matt. 20:28); 

He is the Vine (John 15:5); He is the Bread of life;  He is the Door; 

He is Lord (Phil. 2:10-13); 

He is Prophet, Priest and King (Heb. 1:1-3); 

He is our Sabbath rest (Heb. 4:9); 

He is our Wisdom (1 Cor. 1:30); He is our Righteousness (Jer. 23:6; 1 Cor. 1:30);  He is our Sanctification (1 Cor. 1:30); and He is our Redemption (1 Cor. 1:30).  He was the last Adam (1 Cor. 15:45) who took up the bitter cup of our fallenness (Matt. 26:39) and victoriously finished the work of redemption on the cross (John 19:30).   The death He died included us all (2 Cor. 5:14) and thus the record of our debt that stood against us with its legal demands was nailed to the cross with Him (Col. 2:14).   He rose from the grave, destroying the power of death and brought life and immortality to light through the gospel (2 Timothy 1:10).

He is the Wonderful Counselor, the Mighty God, the Everlasting Father, the Prince of Peace (Isa. 9:6); 

He is the Chief Shepherd (1 Pet. 5:4);  He is Lord God of hosts;  He is Lord of the nations;  He is the Lion of Judah;  the Living Word;  the Rock of Salvation;  the Eternal Spirit;  He is the Ancient of Days;  Creator and Comforter;  Messiah;  and He is the great I AM (John 8:58)! 

So this is the Jesus who lives in you.  Are you still waiting for something else to happen or searching for some prophet or preacher who will be able to give you more than what you have already received in Christ?  Are you still seeking a more complete theology or waiting for an eschatological kingdom that will reveal more than what has already been revealed in Christ? 

God has spoken fully and finally in His Son.

"Long ago, at many times and in many ways, God spoke to our fathers by the prophets,    but in these last days he has spoken to us by his Son, whom he appointed the heir of all things, through whom also he created the world.  He is the radiance of the glory of God and the exact imprint of his nature, and he upholds the universe by the word of his power. After making purification for sins, he sat down at the right hand of the Majesty on high." Hebrews 1:1-3 

The kingdom is already here because the King has appeared and He reigns from heaven.  Yes, certainly we do not yet see all things subjected to Him and we wait for the full manifestation of that which is already an established fact.  But we see Jesus (Heb. 2:8-9)!  And we see Him in the here and now "crowned with glory and honour"!  Do you see Him like this?

"Putting everything in subjection under his feet. Now in putting everything in subjection to him, he left nothing outside his control.  At present, we do not yet see everything in subjection to him.  But we see him who for a little while was made lower than the angels, namely Jesus, crowned with glory and honor because of the suffering of death, so that by the grace of God he might taste death for everyone." Hebrews 2:8-9 

Is there any situation or difficulty that cannot be faced with peace, joy and hope if you know the sufficiency of Him who lives in you? 

No my friend, our salvation is complete, because our Jesus is complete. And yet this confronts every individual with the crucial question:  "How big is your Jesus"?

Thursday, 12 November 2020

DIE FLAGRANTE LEUEN VAN INDIVIDUELE BLOEDLYNVLOEKE

Daar is nie een enkele stelling in die hele Nuwe Testament wat die  leer van individuele bloedlynvloeke ondersteun nie. Inteendeel, die Nuwe Testament verkondig helder en duidelik dat die vloek van die universele Adamiese gevallenheid universeel opgehef word IN CHRISTUS.

"Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."  2 Korinthiërs 5:17

Hierdie stelling van Paulus is of waar of dit is nie waar nie.  Moenie probeer (of waag) om dit te relativiseer nie.  Dit is 'n absolute, kategoriese en onaanvegbare feit.

Daarom gee Paulus ook vir Timotheüs instruksies om sogenaamde "leraars" te beveel om hulle nie besig te hou met die vrugtelose oefening om vloek óf seën te probeer vind in geslagsregisters (individuele bloedlyne) nie.

"Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is."  1 Timotheüs 1:3-4

Alle mense deel aan die universeel vervloekte bloedlyn van die gevalle Adam deur natuurlike geboorte en al die data wat valse of verwarde leraars wil voorhou van sogenaamde bevrydings van bloedlynvloeke moet noodwendig eksklusief binne die bestek van hierdie Bybelse stelling verklaar word, of anders is dit misleidend en potensieël destruktief.  Dit dompel jou in 'n maalkolk van verwysingslose subjektiwiteit.

Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.  Romeine 5:12

Genadiglik het alle mense egter ook die voorreg om te deel aan die geseënde bloedlyn van die laaste Adam (Christus) deur die "gawe van geregtigheid" te ontvang deur geloof.

Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.  Romeine 5:17

"So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees." 1 Korinthiërs 15:45

"Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus." Galasiërs 3:16

Ons het nodig om universeel te dink, nie in die eerste plek individueel nie.  Lees Romeine 5 verse 12 tot 21 en vra jouself af of daar nog enige gronde is vir hierdie subjektiewe, individualistiese soort leringe.  God hanteer die hele mensdom m.b.t.  slegs twee mense, die eerste en die laaste Adam. 

Daar is nie een enkele opdrag in die hele Nuwe Testament wat navorsing oor ons bloedlyne regverdig nie.  Inteendeel, die Nuwe Testament eis met 'n dringende appél dat ons die herkoms van ons Here Jesus Christus navors en ons identiteit dáár vind.

"Sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur."  Hebreërs 7:3

"Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het." Galasiërs 2:20

" As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God." Kolossense 3:1-3

Hoe 'n mens ookal mag voel oor die stryd wat mense het om volle verlossing en bevryding te beleef (en ek het baie simpatie en empatie daarmee); die feit bly staan dat as jy jou eie geskiedenis (en die van jou familie) meer gewig laat dra as die geskiedenis (universeel historiese feite) van die Nuwe Testament is jy besig om die dood en opstanding van Jesus Christus te minag.  D.w.s. jy ag dit nie genoegsaam nie.

Ek verstaan werklik dat dit waarskynlik pynlik is vir sommige mense om te hoor, maar watter mate van verlossing of bevryding jy ookal beleef het, herlei dit na die evangelie, nie na een of ander subjektiewe bevryding van bloedlynvloeke nie.  Sodoende bewaar jy die integriteit van die universele meriete van Jesus se dood en opstanding en staan jy vas en vir ewig gegrondves in die eeue-oue Goeie Nuus wat miljoene mense regdeur die geskiedenis bevry het van elke moontlike soort binding wat Adamiese gevallenheid tot gevolg gehad het. 

As jy bloedlyne wil navors gaan al die pad terug tot by oer-oupagrootjie Adam...maar moenie daar stop nie.  Dink nog verder terug (binne die Bybelse kader) tot in die ewige verlede en jy sal vind dat jou identiteit 'n ander oorsprong het;  in die hart van 'n hemelse Vader.

"Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees."  Efesiërs 1:4

"Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang." Efesiërs 3:14-15


Wednesday, 4 November 2020

WAT BETEKEN DIT OM BYWONERS EN VREEMDELINGE OP AARDE TE WEES?

"Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel." 1 Petrus 2:11

Wedergeboorte beteken letterlik "van bo gebore". Namate ons, ons in die Hemelse Boek verdiep, moet hierdie wêreld vir ons in 'n sin al hoe vreemder word en die hemel al hoe meer bekend. Vir die meeste gelowiges van vandag lyk die hemel vreemd en die wêreld...o so bekend.  God is daar vêr en die natuurlike dinge so naby en eie aan menswees.  Dit is 'n tragedie as 'n dissipel van Jesus so voel.

As Jesus werklik ons ​​beste vriend is, ons oudste broer en die een wat ons die naaste aan die hart lê, moet ons die vervreemding in hierdie gevalle wêreld voel, net soos Hy dit gedurende Sy tyd op aarde beleef het.

"En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie." Johannes 8:23

As wedergeborenes is ons ook nie meer "uit hierdie wêreld" nie.  Dit beteken egter nie dat ek soos 'n askeet moet leef wat nie die vele goeie gawes van die natuurlike skepping kan waardeer as gawes uit God se hand nie.  Dit beteken wel dat ek soos wat ek groei in heiliging toenemend sensitief raak vir die ware aard van die bose, gevalle wêreld en terselfdertyd 'n groeiende familiariteit t.o.v. die onsigbare geestelike werklikheid ontwikkel.

"Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word. Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het."  2 Korinthiërs 5:4-5

"Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins." Filippense 1:21

Thursday, 29 October 2020

NEHEMIA 'N MAN VAN TRANE

 "En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand. En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel." Nehemia 1:3-4

Is daar mure in gesinne, gemeentes (en dalk hele nasies) wat omgeval het en net so bly lê het?  God soek net een man of vrou van trane wat in gebrokenheid voor God kan wees sodat Christus kan verrys aan die binnekant van daardie mens en deur hom of haar herstel kan bring.  As dit nie gebeur nie hou die vyand net aan om te "steel, slag en verwoes" (Joh.10:10).  Waar is die Nehemias?

"Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God." 2 Korinthiërs 13:4

"En koop die tyd uit, omdat die dae boos is."  Efesërs 5:16