“Maar ek sĂȘ:
Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees
volbring nie.” Gal. 5:16
“ Want julle het
gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” Kol. 3:3
Die
groot fout wat ons maak as dissipels van Jesus is om te dink ons moet eers
hierdie Gees dimensie binnegaan voordat ons kan wandel deur die Gees.
Daarom voel ‘n konstante wandel deur die Gees vir baie so onbereikbaar en so
ver verwyderd van hulle daaglikse lewe hier op “terra firma”. Die
waarheid is dat alle wedergebore mense reeds gesterf en opgestaan het saam met
Christus en daarom is hulle lewe nou “saam met Christus verborge in God”.
Dit is dus nie ‘n dimensie wat ons moet binnegaan of ‘n mylpaal wat ons moet
bereik nie, maar ‘n dimensie waaruit ons moet leer leef in geloof.
Christus leef hier en nou binne-in ons en ons moet dit glo en Hom sodoende
ruimte gee om Sy lewe deur ons te leef.