Toe Jesus op aarde was het Hy geleef uit die hart van Sy
Vader. Hy het Sy antwoorde by Sy Vader
gevind en gespreek uit 'n Bron van wysheid wat nie vir die natuurlike mens
toeganklik is nie (1 Kor. 2:14).
Ons generasie het so baie kennis en amper onbeperkte toegang
tot informasie.
"Maar
die wysheid—waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?" Job
28:12
Daar is 'n plek van geloof waar die mens sy rug keer op sy eie
intellek en slimmigheid sodat Christus sy Bron van wysheid kan word. Hierdie wysheid lyk anders as die wêreld se
idees en dit opereer net via die kruis.
Dissipels van Jesus in ons generasie het dringend nodig om
op te hou drink van die wêreld se besoedelde fonteine en terug te keer na ons
ewige Bron van wysheid in Christus. Dit
verg egter vertroue en kinderlike afhanklikheid. En ook geduldige geloofsvolharding sodat
daardie verborge wysheid tyd het om gevorm te word in ons harte.
"Maar
Hy antwoord en sê vir hulle: ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken,
en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet
Jona." Matt. 12:39
"Christus,
in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is." Kolossense 2:3
"Maar
ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en
wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid." 1 Kor.
2:7
"Maar
vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die
wysheid van God." 1 Kor. 1:24