Aanbidding begin by die erkenning van ons eie swakheid en
verlorenheid, dit vorder dramaties by die openbaring van ons verlossing in
Christus, dit kulmineer wanneer ons daardeur gebring word voor die aangesig van
God en dit bereik sy doel wanneer ons lewens gelykvormig word aan die Een wat
ons aanskou in die troonkamer.
Laat aanbidding sy volle doel in jou lewe bereik. Moenie stop voor jy nie in die troonkamer die
innerlike verandering van jou hele sielskonstitusie begin beleef nie.
"Maar
daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees
en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid." Johannes
4:23
"En
terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die
Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van
heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is." 2
Korinthiërs 3:18