Indien ‘n gelowige nie die kruis en die koninkryk verstaan nie sal Hy die werkinge en krag van die Heilige Gees op die verkeerde plekke in sy geestelike lewe soek.
Hy sal nie verstaan dat God se krag volbring word deur swakheid (2 Kor. 4:7 en 12:1-10), m.a.w. identifikasie met die kruis, nie. Eers kruis, dan krag!
"...My
genade is vir jou genoeg. My krag kom
juis tot volle werking wanneer jy swak is..." 2 Korinthiƫrs 12:9
Verder sal hy die krag van God misinterpreteer en misbruik vir sy eie voordeel en nie verstaan dat dit gegee word om God se koninkryk te bou en Hom te verheerlik nie.