“Staan dan vas, julle lendene met die waarheid
omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan.” Efes. 6:14
Geen
verhouding kan floreer sonder guns en onskuld nie. Veroordeling bring altyd skuld, afstand, vyandskap
en verlies aan verhoudingsintimiteit. Alles
kom tot stilstand in jou geestelike lewe as jy onder veroordeling is. Die satan weet dat hy ons baie vinnig kan
immobiliseer as hy ons harte onder ‘n valse veroordeling plaas. Daarom is die borswapen van geregtigheid in
Efesiërs 6 so belangrik. Veroordeling is ‘n baie subtiele ding – dit kom
dikwels in ons lewens in sonder dat ons dadelik bewus is daarvan, maar ons sien
die effek! Net ‘n openbaring van die geregtigheid van God
in Christus waarin jy as dissipel van Jesus staan, kan jou weerhou daarvan om
weer terug te val op jou eie pogings om God se guns te wen en verhoudingsintimiteit met Hom te beleef.
“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie,
sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” 2 Kor.
5:21
No comments:
Post a Comment