Dissipels van Jesus is vandag blootgestel deur die
multimedia aan soveel verskillende bedieninge en bedienaars. Hoe gemaak om te onderskei en die egte te
identifiseer? Daar is verskeie faktore
wat in ag geneem moet word, maar hier is ‘n eenvoudige reël wat die basiese
fondasie van alle ware Nuwe Testamentiese bediening ondervang: “Ware bediening wys altyd weg van onsself en
skuif die fokus op Jesus.” Natuurlik
moet ons lewens en karakter Jesus openbaar, maar die fokus moet nie ons en ons
wonderlike gawes en wye invloed wees nie.
Eerder Jesus en Sy kosbare Persoon en bediening. Johannes die Doper en die apostel Paulus is
twee skitterende voorbeelde van hierdie benadering.
Jn. 1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom
toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld
wegneem!
Jn. 3:30 Hy moet meer word, maar ek minder.
2 Kor. 4:5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar
Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
No comments:
Post a Comment