Die boek Efesiërs is die
boek in die Bybel met die diepste openbaring van die gemeente en in hierdie
boek word daar 'n besondere klem gelê op die eenheid van die liggaam van
Christus en die kosbare voordele van hierdie eenheid. Let wel dat dit die eenheid van 'n liggaam
is, 'n organiese eenheid, nie 'n organisatoriese eenheid nie. Dit is net in hierdie organiese eenheid wat
ons die heerlikhede van die evangelie met mekaar kan deel op 'n wyse wat 'n begrip
en verdieping bring wat nie andersins moontlik is nie.
"En julle in staat
kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp..."
Efesiërs 3:18
Die uiterlike eenheid van 'n godsdiens-institusie is net eenvoudig nie
in staat om hierdie geestelike werklikhede te verwesenlik nie. Leef jy in die heerlike saam-verstaan van 'n
ware hartseenheid met ander dissipels van Jesus of bevind jy jou in 'n woestyn
van "formele kerk-verhoudings" en verwaarloosde verbintenisse. Eersgenoemde is jou erfenis in Christus. Moet dit nie verbeur nie. Soek dit met jou hele hart! As jy dit reeds beleef, koester dit soos 'n
kosbare skat.
No comments:
Post a Comment