Die wedergeboorte gee ons toegang tot die hart en gedagtes van God. Die
Bybel is 'n geslote boek vir mense wat nie wederbaar is deur die Gees van God
nie. Vir wedergebore mense word die
Bybel daarenteen lewend en so begin die onbeskryflike ontdekkingsreis wat stelselmatig
vir ons "die dieptes van God" ontsluit.
"Maar God het dit aan ons deur sy Gees
geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God."
1 Korinthiërs 2:10
Daar is egter 'n voorwaarde en dit is dat ons, ons eie idees oor dinge moet
laat vaar en ons eie voorkeure oor wat ons dink belangrik is in die Bybel. Dit is onmoontlik om 'n sinvolle gesprek met
mekaar te voer oor die inhoud van die Bybel as ons nie die Bybel toelaat om
self te praat en die oortuigingswerk te doen in ons harte nie. Dit verg egter 'n berekende en besliste
onderwerping van ons denke aan wat die Bybel noem "die sin van
Christus".
"Want wie het die
sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van
Christus."
1 Korinthiërs 2:16
"For who has understood the mind of the Lord so as to instruct
him?" But we have the mind of Christ." 1 Corinthians 2:16 (ESV)
Party van ons het soos die Engelse uitdrukking sê "a padlocked
mind". Dit is bykans onmoontlik om
in daai dig-gesluite kluis in te kom, want die persoon laat nie eers die Woord
van God toe om verandering te bring daar binne nie. Intussen is ons dalk baie besig met die
Bybel, maar die Bybel is nie besig met ons nie.
No comments:
Post a Comment