Sonder afhanklikheid is daar geen ware gebed nie. Bybelse gebed is maar net 'n verlenging van 'n lewe wat eens en vir altyd en in alles oorgegee is aan God. Om te bid is 'n erkenning van die Godheid van God, dat Hy alleen in beheer is, en die mensheid van die bidder, dat hy in werklikheid geen ware beheer oor omstandighede op 'n gevalle planeet het nie.
Dit is primêr vir hierdie rede dat baie gebede so oneffektief is. Ons roep God aan om sekere aspekte van ons lewens te beïnvloed terwyl ons steeds wil leef in die twyfelagtige illusie en pseudo sekuriteit van menslike beheer. Dit is futiel. Mag die Heilige Gees ons lei in ware gebed deur ons te leer om totaal afhanklik te lewe. Dit is niks anders nie as wat die Nuwe Testament noem die lewe "in Christus".
"As julle in My bly en my
woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal
dit verkry." Johannes 15:7
No comments:
Post a Comment