In die eerste hoofstukke van 1 Korinthiërs waarsku Paulus
herhaaldelik die gemeente in Korinthe teen onenigheid in hulle geledere. Hierdie onenigheid was in die konteks
duidelik die gevolg van intellektuele hoogmoed (sien bv. 1 Kor. 3:18-20) en die
onvermoë om te dink vanuit die nuwe perspektief in Christus (1 Kor. 2) wat die evangelie
veronderstel was om by hulle tuis te bring.
In hoofstuk 3 sê Paulus reguit vir hulle dat hierdie onenigheid wys dat
hulle nog "vleeslik" is en dink soos mense wat nie die Gees van
Christus ontvang het nie (sien 1 Kor. 2:9-16).
"Omdat
julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en
tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens
nie? Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos —
is julle nie vleeslik nie? "
1 Kor. 3:3-4
1 Kor. 3:3-4
Aan die einde van hoofstuk 3 eindig Paulus sy pleidoo vir
eenheid met 'n skrikwekkende waarskuwing wat ons almal eintlik regop moet laat
sit om met gespitste ore die toepassing te maak in die era van grootskaalse
onenigheid waarin ons onsself bevind.
"Weet
julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon
nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die
tempel van God is heilig, en dit is julle." 1 Kor. 3:16-17
"As
iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God
is heilig, en die tempel is julle." 1 Kor. 3:16-17 (NAV)
Sjoe, Paulus sê in effek hier dat as 'n mens volhard in
partydigheid, twis en tweedrag jy skade doen aan die heilige tempel van God wat
organies saamgestel is deur alle wedergebore kinders van God. As jy dit willens en wetens doen, gaan God
jou, volgens die apostel Paulus, straf of nog sterker in die OAV,
"skend". Ons Vader het baie
genade en geduld met ons almal in ons persoonlike wandel, maar hier sien ons
daar is een ding wat baie vinnig die hand van God vir dissipline in beweging
kan bring as ons nie die heiligheid van hierdie geestelike tempel (die liggaam
van Christus) eer deur "die eenheid van die Gees te bewaar deur die band
van die vrede" nie. Heel
waarskynlik sluit dit ook onenigheid, twis en tweedrag in tussen dissipels van
Jesus in een huisgesin.
No comments:
Post a Comment