Volgens die Merriam-Webster Woordeboek behels die
Priesterskap van Alle Gelowiges die volgende:
'n
Lering van die Protestantse Christelike Kerk: elke indiwidu het direkte toegang
tot God sonder ekklesiastiese (kerklike) bemiddeling en elke indiwidu het die
verantwoordelikheid om die ander lede van die gemeenskap van gelowiges te dien
en bedien.
Die Nuwe Testament maak dit baie duidelik dat daar net een Hoëpriester
is vir alle gemeentes op aarde en dat elke gemeente op aarde soveel priesters
het as wat sy lede het.
"Die
hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan
sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele."
Hebreërs 8:1
"Maar
julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom.." 1 Petrus 2:9
"En
ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die
heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen." Openbaring 1:6
Die vraag is egter of die leer van die priesterskap van alle
gelowiges werklik ywerig, konsekwent en op alle terreine toegepas word vandag
in evangeliese gemeentes?
Die briewe van die Nuwe Testament is hoofsaaklik geskryf aan
gelowiges, nie leiers nie. Nuwe-Testamentiese leierskap is radikaal
Christus-gesentreerd en ten volle lidmaat-gerig (Matt 23:8-12). Dit is daarop
gerig om konstant en aanhoudend gelowiges vas te maak aan Christus as hul
Hoofleier en om gelowiges toe te rus om dissipelmakers te wees. Dit is tyd vir
ons om op te hou om bloot te praat van die priesterskap van alle gelowiges en om
dit werklik te begin toepas in ons gemeentelewe.
Wat ons hier vir mekaar sê, verg ’n groot paradigmaskuif in
die konteks van ons huidige gemeentepraktyke, maar dit is van kardinale belang
vir die uitvoering van God se plan vir sy Gemeente. God se plan is eenvoudig en
bedoel om deurdringend te wees: Élke lid van die liggaam toegerus, élke lid in
die Woord, élke lid radikaal Christusgesentreerd en geaktiveer deur die
evangelie en élke lid ’n dissipelmaker. Totdat ons hierdie spesifieke doelwit
het, mis ons die merk heeltemal en mors kosbare tyd, selfs met al ons
kerkprogramme, vergaderings, komitees, opleidingskursusse en dies meer.
No comments:
Post a Comment