Ons is almal baie besorg oor die kondisie van ons fisiese
hart, maar is ons ook so besorg oor die kondisie van ons geestelike hart? Niks is belangriker nie.
"Want
ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleiding tot
roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike
beroem en nie op die hart nie."
2 Korinthiërs 5:12
Met die wedergeboorte word "die liefde van God in ons
harte uitgestort" deur die Heilige Gees.
Van daardie dag af verwag God dat ons, ons harte sal bewaar (Spreuke
4:23) en versterk deur dit met geloof te hou onder die invloed van die
evangelie van genade (Heb. 13:9).
Hierdie geloofsposisionering van ons harte onder genade dra
altyd, maar altyd verhoudingsvrug. Dit
is dan ook die toets of ons harte nog as't ware "op die regte plek"
is. As geestelike groei gemeet word aan
enige ander maatstaf as 'n verruimde hart is dit 'n illusie en misleiding!
Kyk 'n bietjie hoe Paulus dissipels aanmoedig om
immer-verruimende harte te hê deur die krag van die evangelie.
"Julle
is ons brief, geskrywe in ons harte,
geken en gelees deur alle mense." 2 Korinthiërs 3:2
"Ons
mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword." 2 Korinthiërs 6:11
"Maak
vir ons ruimte in julle harte..."
2 Korinthiërs 7:2a
"...
want ek het vantevore gesê dat julle in
ons harte is om saam te sterwe en saam te lewe." 2 Korinthiërs 7:3b
"Maar
neem jy hom, dit is my eie hart, aan." Filemon 1:12
"Soos
dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as
in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade
is." Filippense 1:7
Hoe gaan dit met jou hart?
No comments:
Post a Comment