Geen
roem, status, of menslike mag en heerlikheid kan die dood keer nie. Die krag en lewenslus van die jeug kan die
dood se onstuitbare voetval nie stop of terughou nie.
"Want alle vlees is soos gras, en al
die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy
blom val af." 1 Peter 1:24
Dit
maak nie saak wie ‘n mens is nie elkeen moet een of ander tyd die dood in die
gesig staar. Die dood is die groot
gelymaker wat almal voor dieselfde deur na die ewigheid bring; die grootste
leiers, staatsmanne, sportmanne, rykes, armes, sterkes of swakkes.
Die
dood kan skielik kom en in ‘n oomblik ‘n lewe kom uitblus, of dit kan
geleidelik die liggaam aftakel totdat daar nog net een asemteug oorbly wat met
‘n onvermydelike finaliteit geneem word.
Die grootste rykdom wat hierdie wêreld ken, kan die verskrikkinge van
die dood nie afweer nie.
"Die goed van die ryke is sy sterk
stad en soos ‘n steil muur in sy verbeelding." Spreuke 18:11
Wie
kan die pyn van menslike verwydering van familie en vriende beskryf? Dit is meer as wat enigiemand kan dra in die natuurlike.
Daar
is geen hoop vir die mensdom en geen ontsnapping van die onvermydelike gruwel
en afgryse van die dood buite die historiese werklikheid van die opstanding van
Jesus Christus nie. Die Goeie Nuus is nie
net dat Hy opgestaan het nie, maar die feit dat almal wat hulleself distansieër
van die ou Adamiese lewe en die nuwe lewe in Christus in geloof omhels, kan
deel aan hierdie opstanding van Christus.
Sy opstanding waarborg ons s'n!
Jesus
het die mag van die dood oorwin. Hy het
daar deurgegaan en triomfantelik anderkant uitgekom. Slegs wanneer jy met Hom verenig is kan jy
ook met hoop daar deurgaan. Dit is sekerlik
hier, in die aangesig van die dood wat die lewe binne-in jou, die opstandingslewe
van Christus onontbeerlik kosbaar word.
Vir
die wat agterbly, is die troos dan ook dat almal wat in Christus gesterf het
voorwaar verlos is van die mag van die dood.
Dan kan ons saam met Paulus bely:
"Dood, waar is jou angel? Doderyk,
waar is jou oorwinning? Die angel van
die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee
deur onse Here Jesus Christus." 1 Korinthiërs
15:55-57
No comments:
Post a Comment