‘n Dissipel van
Jesus is nie besig om te beweeg na rus, vryheid en vrede nie, hy begin sy
geestelike lewe in ‘n atmosfeer van rus, vryheid en vrede.
Dit is een van die
groot verskille tussen ware Christenskap en die Christenskap van vormgodsdiens.
Vormgodsdiens se hele program en agenda het ten doel om rus, vryheid en vrede
te bekom en te bewerkstellig.
In Christus het
ons reeds van dag 1 van ons wedergeboorte af rus, vryheid en vrede.
“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek
sal julle rus gee.” Mattheüs 11:28
“Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons
vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring
nie.” Galasiërs 5:1
“Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons
vrede by God deur onse Here Jesus Christus.” Romeine 5:1
In hierdie
atmosfeer is ons bedoel om te dink, leef en werk, en ook te bid en ly ter wille
van die evangelie. Die oomblik wat ons
uitbeweeg uit hierdie posisie in Christus het ons as’t ware uitgestap uit die
hemelse dimensie waaruit ons veronderstel is om te leef. Dan begin ons
dink en leef in die wêreld se atmosfeer en ons geestelike lewe begin noodwendig
fragmenteer.
Wat ‘n tragedie
dat so ‘n groot deel van die kerk besig is met vormgodsdiens en nie eers besef dat
dit die atmosfeer van die wêreld is en dat God nooit bedoel het dat Sy kinders
moet leef en dink en werk in daardie dimensie nie.
Laat ons dus begin
waar God begin sodat ons die goeie werke kan doen wat Hy vir ons voorberei het
(Efes. 2:10), in plaas van die werke van vormgosdiens wat geen ware groei of
vrug bring in die finale analise nie.
No comments:
Post a Comment