Reinheid van hart, nederigheid, liefde en 'n diensbare gees is belangriker as om altyd net presies reg te wees in ons leer. Leerstelling is baie belangrik, maar as ons die regte leer het sonder dat "Christus in ons gestalte kry" (Gal. 4:19) in reinheid, nederigheid en liefde, is ons sekerlik op 'n slegte plek.
Dit is moontlik om
die letter van 'n leerstelling te hê sonder om die gees van daardie
leerstelling te hê. Die "sin van Christus [mind of Christ]" (1 Kor.
2:16) is veel, veel meer as om net jou leerstelling reg te kry.
Die stryd om die
waarheid van die evangelie sal altyd daar wees, want die satan is 'n bedrieër
wat besigheid doen met vals leringe en daar is baie wat onbruikbaar langs die
pad lê weens sy suksesvolle veldtog in hulle lewens.
Maar 'n mens moet
die vraag vra hoeveel ander lê uitgehaal langs die pad vir 'n ander, minder
voor-die-handliggende rede, naamlik dat hulle gesonde lering verwar het met
gesonde geestelikheid. 'n Mens kan gesonde lering hê in jou denke
en verkondiging, sonder dat daardie lering jou bring by reinheid van hart,
nederigheid en liefde.
"Let op jouself en op die leer; volhard daarin;
want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor." 1
Timotheüs 4:16
Paulus vermaan
Timotheüs om op homself én op die leer te let. Waarvan moet Timotheüs dus
seker maak m.b.t. sy lewe. Sekerlik dat hy heilig en afgesonderd lewe,
maar hoe gebeur dit? Dit begin by 'n rein hart en 'n goeie gewete wat net
'n werklikheid kan wees wanneer Christus heers in ons HARTE deur die krag van
die Gees (Efes. 3:16-17), nie net in ons denke nie. 'n Kop soos 'n
waatlemoen en 'n hart soos 'n grondboontjie eer nie die Here nie.
"Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n
rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof." 1 Timotheüs
1:5
No comments:
Post a Comment