“Bedink die
dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is
saam met Christus verborge in God.” Kol. 3:2-3
“As ons dan
saam met Christus gesterf het...” Rom. 6:8
Solank as wat ons die dood en opstanding van Jesus
net sien as historiese gebeure wat iets vír ons moontlik gemaak het, mis ons steeds
die groter krag van die evangelie. Dit
is inderdaad ‘n wonderlike dag wanneer ek kan bely Jesus het vír my gesterf en
opgestaan. Die dag wat ek egter sien ek
het sáám met Hom gesterf en opgestaan is die dag wat ek besef ek het net een
lewe voor God. Dit verander álles! Ek is in Christus ‘n nuwe mens wat nog leef
in ‘n sterflike liggaam op ‘n gevalle planeet waar daar steeds bose magte en
kragte opereer. Ek is nie ‘n vergeefde “ou
mens” wat besig is om ‘n “nuwe mens” te word nie. Ek is nie een dag ‘n “ou mens” en die
volgende dag ‘n “nuwe mens” nie. Selfs
al tree ek soms nog so op! As dit waar
is (en dit is) plaas dit my onder verpligting om anders te begin dink. Ek moet my “ou mens-nuwe mens” gedagtes eens
en vir altyd laat vaar en gló dat my hemelse identiteit nou en vir altyd my onveranderlike
“in Christus” werklikheid voor God is, en dan begin lééf daaruit.
No comments:
Post a Comment