"En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg,
want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede
roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in
swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus
wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk." 2 Kor. 12:9-10
Die dinge waarvoor ons bid en die manier wat ons daarvoor
bid is 'n baie goeie indeks van wat in ons harte aangaan. As God vir Paulus sê
'my krag word in swakheid volbring' en Hy daarmee sy wil vir, en werkswyse met,
al sy dissipels vir alle tye bekendmaak, het dit baie bepaalde implikasies vir
ons gebedslewe. Wanneer ek deur 'n
moeilike tyd gaan, moet ek net bid dat God asseblief my omstandighede sal
verander? Moet ek net bid dat Hy my daardeur sal dra? Miskien lei die Heilige
Gees my om so te bid, maar as ons die hele Bybel as maatstaf neem, is dit
duidelik dat die belangrikste gebed van ons harte moet wees: "Laat U krag
in my swakheid volbring word".
"Verheerlik Uself en openbaar Christus in my swakheid, o
Heer". Dit is die herlewingsgebed!
As ons só begin bid vir onsself en vir ander is ons in lyn met die wysheid van
God en kan ons die krag van God sien deurbreek in ons omstandighede op
verrassende maniere wat dalk heeltemal anders is as wat ons verwag het. Dan eers
gaan ons werklik die dieper doel en groter prentjie van God se koninkryk en ons
lewens begin raaksien.
Thanks for an insightful post. I really like the info you have given.
ReplyDeleteThesis writing service
ReplyDeleteشركة مكافحة الصراصير بالرياض
شركات نقل الاثاث بالرياض
شركة تنظيف كنب بالرياض
تسليك المجاري بالخرج
شركة عزل اسطح بالرياض
شركة تنظيف شقق بالخرج
شركة تنظيف بالخرج
شركة تنظيف مساجد بالرياض
شركة تنظيف منازل بالخرج
شركة غسيل سجاد بالرياض
شركة مكافحة بق الفراش بالرياض
شركة مكافحة حشرات بالخرج
شركة نقل عفش بالخرج
شركة نقل اثاث بالخرج
شركة تنظيف خزانات