Daar bestaan nie iets soos 'n dissipel wat op 'n afstand
verhouding met Jesus beleef nie. Luister na Jesus se eie woorde in hierdie
verband:
"En Jesus sê vir
hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun
van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself
nie." Johannes 6:53
Hierdie woorde is bedoel om ons te skok tot in ons sokkies
en ons bewus te maak van die absolute eis van dissipelskap. Jesus is nie 'n ekstra bonus by al die ander
voordele van Christenskap of 'n middel tot 'n doel nie. Hy is alles of Hy is
niks. Geestelik is Hy so onontbeerlik
vir jou soos kos, water en suurstof.
No comments:
Post a Comment