Dit is
absoluut verstommend om te besef dat ons God mag ken en dat Hy dit deur die evangelie moontlik gemaak het dat
ons Hom kan ken. Vir ware dissipels van Jesus gaan die lewe
oor die ken van God. Vir dissipels is
die ken van God nie 'n "eendag in die hemel" ding nie, maar 'n
hier-en-nou werklikheid.
Christenskap
gaan nie oor die onkenbare God daar vêr wat my help om 'n beter lewe op aarde
te hê en my darem in die ewigheid hierna ook kans sal gee om Hom te ken nie.
Reg deur die eeue het mense in die evangelie ontdek dat ons God nou-al kan ken
en dat dit reeds in hierdie lewe op aarde ons hoogste waarde en grootste
vreugde kan wees.
"Only to sit and think of God,
Oh what a joy it is!
To think the thought, to breathe the Name;
Earth has no higher bliss."
Frederick Faber
Die volgende
is 'n paar van my gunsteling tekste oor "die ken van God" (meer as
net "kennis óór Hom"). Gaan
dink bietjie oor tekste wat vir jou kosbaar is m.b.t. hierdie wonderlike
onderwerp.
"U sal my die pad van die lewe bekend
maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand,
vir ewig." Psalm 16:11
"Maar ek sal u aangesig in geregtigheid
aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word." Psalm 17:15
"Een ding het ek van die HERE begeer,
dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die
HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel."
Psalm 27:4
"Al die nasies wat U gemaak het, sal kom
en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer; want U is
groot en doen wonders, U alleen is God. Leer
my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van
u Naam." Psalm 86:9-11
"En die een het die ander toegeroep en
gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is
van sy heerlikheid vol!" Jesaja 6:3
"Niemand het ooit God gesien nie; die
eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar."
Johannes 1:18
"En dit is die ewige lewe, dat hulle U
ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het." Johannes
17:3
"Wat van die begin af was, wat ons
gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande
getas het aangaande die Woord van die lewe— en die lewe is geopenbaar, en ons
het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die
Vader was en aan ons geopenbaar is— wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons
aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met
die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. En ons skrywe hierdie dinge aan
julle, sodat julle blydskap volkome kan wees." 1 Johannes 1:1-4
"Ja waarlik, ek ag ook alles skade om
die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie
ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry." Filippense
3:8
"Sodat ek Hom kan ken en die krag van sy
opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig
word." Filippense 3:10
No comments:
Post a Comment