Grense tussen my
en jou
Die heinings en
maskers wat 'n virus weg moet hou
Maar wat van die
grense wat my hart omring
En keer dat God se
liefde binnedring
Die groter "lockdown"
van my siel
Veel langer reeds
in plek
Wat nie net my
liggaam
Maar my hart van Hom
(en jou) weerhou
Wie kan hierdie
grense lig?
Wie kan deurbreek tot
by die stille lyding van my hart?
Wie kan my van
hierdie tronk bevry?
Wie kan onbeperk
beweeg in die misterieuse binnewêreld van my smart?
Wie kan my siel
loskoop van die universele, tydlose "lockdown"?
Wie kan dieper
inkyk en die onsigbare grense eien?
Die ware grense
wat my hart verswelg
En in die
krimpende ruimte onverpoosd die asem uit my longe pers
Wie? Sê my wie? Wie
is hy?
Kan hy werklik
slot en grendel breek en hierdie mens bevry?
Jesus? Jesus...
Jesus!
Dit is toe werklik
Hy.
No comments:
Post a Comment