Vir die persoon wat wegdraai van ‘n onafhanklike en ‘n self-gerigte lewe en sy volle vertroue in Christus plaas, is daar nie net vergifnis nie, maar ‘n nuwe lewe; ‘n totaal nuwe begin.
“In Hom
het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom
van sy genade” Efesiërs 1:7
“Daarom,
as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan,
kyk, dit het alles nuut geword.” 2 Korinthiërs 5:17
In
Christus het ons volkome kwytskelding van die straf en skuld van sonde
ontvang. Dit op sigself is verstommende
goeie nuus, maar in Hom het ons ook meer
as net vergifnis ontvang. Ons het ‘n
nuwe lewe ontvang deur die wedergeboorte.
Die grootste uitdaging van ons nuwe lewe in
Christus is om te leer om die verlede agter te laat, insluitende ons ou manier
van dink! God verwag van ons om as
"nuwe mense" te dink oor ons lewe, identiteit en bestemming. Ons moet leer om in geloof die veroudering
van die gevalle skepping af te skud en ons te beklee met die nuutheid en die
voortdurende vernuwing wat eie is aan die nuwe skepping in Christus.
Voel jy of jy ‘n nuwe begin nodig het? Dit is reeds ‘n werklikheid “in Christus”. Glo dit net.
“Daarom
gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word
die innerlike mens dag ná dag vernuwe.” 2 Korinthiërs 4:16
"Nie
op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy
barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die
vernuwing deur die Heilige Gees." Titus 3:5
No comments:
Post a Comment