"Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel." 1 Petrus 2:11
Wedergeboorte beteken letterlik "van bo
gebore". Namate ons, ons in die Hemelse Boek verdiep, moet hierdie wêreld
vir ons in 'n sin al hoe vreemder word en die hemel al hoe meer bekend. Vir die
meeste gelowiges van vandag lyk die hemel vreemd en die wêreld...o so bekend. God is daar vêr en die natuurlike dinge so
naby en eie aan menswees. Dit is 'n
tragedie as 'n dissipel van Jesus so voel.
As Jesus werklik ons beste
vriend is, ons oudste broer en die een wat ons die naaste aan die hart lê, moet
ons die vervreemding in hierdie gevalle wêreld voel, net soos Hy dit gedurende Sy
tyd op aarde beleef het.
"En
Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie
wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie." Johannes 8:23
As wedergeborenes is ons ook nie meer
"uit hierdie wêreld" nie. Dit
beteken egter nie dat ek soos 'n askeet moet leef wat nie die vele goeie gawes
van die natuurlike skepping kan waardeer as gawes uit God se hand nie. Dit beteken wel dat ek soos wat ek groei in
heiliging toenemend sensitief raak vir die ware aard van die bose, gevalle wêreld
en terselfdertyd 'n groeiende familiariteit t.o.v. die onsigbare geestelike
werklikheid ontwikkel.
"Want
ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee
nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan
word. Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees
as onderpand gegee het." 2
Korinthiërs 5:4-5
"Want
vir my is die lewe Christus en die sterwe wins." Filippense 1:21
No comments:
Post a Comment