"Forever young, I want to be forever young." Marian Gold
"Tomorrow, and tomorrow, and tomorrow
Creeps in this petty pace from day to day
To the last syllable of recorded time.
And all our yesterdays have lighted fools
The way to dusty death. Out, out, brief
candle.
Life’s but a walking shadow, a poor player
That struts and frets his hour upon the
stage,
And then is heard no more. It is a tale
Told by an idiot, full of sound and fury,
Signifying nothing."
William Shakespeare (in Macbeth)
Shakespeare bring die ware aard van tyd ("the vanity of time") en die mens se belewenis daarvan na vore hier. In die roetine van elke dag is daar heeltyd die vorentoe kyk na môre wat ook maar net weer dieselfde leë en sinlose vorentoe kyk bring wanneer daardie môre aanbreek.
Intussen reflekteer ons op ons gisters wat met dwaasheid die pad verlig na 'n einde wat net die dood en ons terugkeer na stof inhou. Gevolglik is ons dae dan soos die onophoudelike geraas en gebabbel van 'n idioot wat praat sonder sin of doel. Dít is die "dae" van die mens op aarde wanneer Christus nie in die middelpunt is nie. Hy alleen kan ons verlos van die ydelheid van tyd om ons daagliks in te lei in die rykdom van die ewigheid in Homself.
Hy alleen vul ons dae met geloof, hoop en liefde. Dit is so verstommend anders as die wêreld se belewenis van tyd. Dit is egter ook moontlik vir dissipels van Jesus om visie te verloor op die heerlikheid in Christus en dan geleidelik weer te verval in die ongelowige wêreld se ydele belewenis van tyd. As dit inderdaad jou ervaring is, vra die Vader om jou nuwe visie te gee op die enigste Een wat jou siel kan verlos van die web van ydele dae.
"Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks. Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld? Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wêreld bly altyd dieselfde. Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy opkom. Die wind waai suid, draai noord, waai hierheen en daarheen en dan draai hy maar weer. Al die riviere loop in die see in, maar die see word nooit vol nie. Die riviere hou aan om te loop na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het. Woorde vervaag mettertyd, en 'n mens kry nie klaar met praat nie. Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie; die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie. Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie. Kan jy van iets sê dit is nuut? Nee, dit was lankal daar, lank voor ons tyd. Wat verby is, word vergeet, en ook wat later kom, sal vergeet word deur dié wat daarna kom. Ek het alles wat in hierdie wêreld gebeur, bekyk: alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind." Prediker 1:2-11, 14
DAARTEENOOR:
"Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap." 1 Petrus 1:8-9
"Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele." 2 Korinthiërs 5:1
" My tye is in u hand..." Psalms 31:16
"Omdat ons gehoor het van julle geloof
in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, vanweë die hoop wat vir
julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord
van die waarheid van die evangelie."
Kolossense 1:4-5
No comments:
Post a Comment