“Want
God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons
harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid
van God in die aangesig van Jesus Christus.”
2 Kor. 4:6 (OAV)
“God
wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n
lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat
van Jesus Christus uitstraal.” 2 Kor. 4:6
(NAV)
Ware
dissipels van Jesus het in Sy aangesig die heerlikheid van God ontdek! Dit beteken, onder andere, dat ons nou weet
en verstaan dat daar niks meer heerlik is in hierdie heelal as God self
nie. Dit is so maklik om opgewonde te
raak (en ons moet) oor al die lieflike gawes van die evangelie en te vergeet
dat God self die groot beloning van die evangelie is. Die Persoon van God is ons grootste vreugde
en om Hom te ken ons grootste doelwit (Fil. 3:8). In die finale analise het verlossing alles te
doen daarmee om ons totaal God-gerig en God-bewus te maak. Die Vader, die Seun, en die Heilige Gees; God
drie-enig, ons beloning, ons vreugde, ons heil.
Hoe bevoorreg is ons nie! Om Hom
te verheerlik en geniet tot in alle ewigheid is ons voorland, roeping (1 Kor.
1:9) en bestemming. As jy fokus verloor
het, draai jou oë opnuut na die aangesig van Jesus en ontdek weer dat God jou
groot beloning is.
“Ná
hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê:
Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.” Gen 15:1
“After
these things the word of the LORD came to Abram in a vision, saying, Do not be
afraid, Abram. I am your shield, your exceedingly great reward.” Gen 15:1 (NKJV)
Lees
ook Ps. 16:5, 6, 11; Ps. 27:4; Lukas 10:38-42, en 2 Kor. 3:18.
No comments:
Post a Comment