God soek soms een persoon, net een persoon in ‘n dorp, ‘n
gemeente of ‘n familie, wat werklik ‘n minnaar van Hom is. Een persoon
wat wil bid en dien en sing net omdat hy God lief het, net omdat God vir hom of
haar meer kosbaar is as alles wat hierdie wêreld kan bied, net omdat God is wie Hy is.
Ons is dikwels so besorg en besig met al ons tydelike probleme en ons besef nie
dat God in een oomblik ons omstandighede totaal kan verander nie. Dit is
nie vir God ‘n probleem om in een sekonde ‘n wonderwerk te laat plaasvind in
jou omstandighede nie. Dit vat egter dikwels baie jare om van ‘n Christen
‘n konstante minnaar te maak, want God gaan jou nie dwing om Hom lief te hê
nie. Is dit nie veel beter om liewer van die begin af die één
prioriteit van jou lewe te vestig en dan te aanskou hoe God die ander dinge
in plek laat val nie (Mt. 6:33)?
No comments:
Post a Comment