“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal:
Verbly julle!” Fil. 4:4
Ware vryheid vind ons net op die pad van vreugde in
Jesus Christus. Hierdie twee loop altyd saam.
Wanneer ek albei my oë op Jesus het en ek al my vreugde in Hom vind, kan
ek nie anders as om vry te wees van enigiets anders wat probeer om my te bind
en van my ‘n slaaf te maak nie. Ons is
so aanmekaar gesit deur God dat ons harte net nooit tot rus kom voordat ons nie
sien dat Jesus werklik totale bevrediging gee vir die wat op Sý liefde reageer
het nie. En net daar lê die sleutel tot ‘n
lewe van toenemende vreugde en vryheid.
Die opdrag om ons altyd te “verbly in die Here” is nie bedoel om ‘n saak
van vasbyt-en-deurdruk te wees nie. Laasgenoemde
is een van die grootste leuens van vormgodsdiens. Ek vind my vreugde in Jesus wanneer ek Sy
groot liefde vir my in die evangelie ontdek en dan gedurig my hart hou onder
die invloed van daardie evangelie-liefde!
En die vryheid sal áltyd volg. Sy
liefde wen my liefde en die vryheid volg; salige genade-ketting en dis jou
voorland in Jesus. Glo dit!
No comments:
Post a Comment