Is dit nie verstommend hoe ons van kindsbeen af leer om
onsself met ander te vergelyk sodat ons daardeur 'n sin vir ons eie waarde kan
kry nie? Van ons voorskoolse klassies af regdeur tot in die ouetehuis is ons
gedurig besig om vas te stel wie is die mooiste, die sterkste, die slimste, die
vinnigste of die rykste. Elkeen probeer om bo ander uit te styg en ons kan
mekaar soms so subtiel probeer beïndruk met ons prestasies of 'belangrikheid'.
In sy briewe aan die gemeente in Korinthe gee Paulus twee
opdragte wat 'n groot toets van ware dissipelskap is.
"Laat niemand dan
op mense roem nie, want alles behoort aan julle." 1 Korinthiërs 3:21
"Maar wie roem,
moet in die Here roem." 2 Korinthiërs 10:17
Waarin roem jy? Wat beïndruk jou?
No comments:
Post a Comment