"Ons hoender is uniek. Niemand sal ooit beter hoender kan maak as ons Kolonel Sanders nie. Nando's sal nooit regtig met ons kan vergelyk nie."
Mensekinders is tog so lief vir 'franchising' en 'branding'. Ons wil ons eie unieke merk op iets plaas om dit, en ons, te onderskei van ander. Om “in Christus” te wees en op sy Woord te staan is klaarblyklik nie genoeg nie. Ons wil deel wees van iets groot, iets anders. En as die denominasie 'franchise' nie meer vir ons werk nie dan soek ons, ons eie Protestantse Pous om ons te lei en vir ons 'n wonderlike netwerk van multilokale gemeentes (multisite churches) op die been te bring. Die Gemeente van Jesus Christus is nie ‘n kettingwinkel nie! Gemeenteleiers is ook nie Hoof Uitvoerende Beamptes nie.
"Ons apostel sal ons deur die drif
trek." "Ons profeet of senior pastoor sal ons regdeur neem tot in
Kanaän." Heeltemal reg, Hy sal. Mits sy naam Jesus is. Paulus het dit
verstaan:
“Hom verkondig ons....” Kolossense 1:28
“Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here…” 2 Kor. 4:5
“Hom verkondig ons....” Kolossense 1:28
“Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here…” 2 Kor. 4:5
As jy "in Christus" is, ís jy deel van iets groot. Daar is niks groter nie. Al lyk dit op aarde klein en obskuur. Is jy bereid om Jesus alleen te volg saam met ander dissipels wat net in Sý naam roem?
“Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle.” 1 Kor. 3:21
Of dring jy aan daarop om geassosieer te word met 'n bekende 'brand' (handelsmerk…ironies)? Sommige gaan eendag tot hulle skok ontdek dat hulle die 'franchise' en 'Kolonel Sanders' gevolg het en nie vir Jesus nie.
Terloops, daar is niks verkeerd daarmee om begaafde predikers en leraars in 'n gemeente te hê nie. Maak net seker dat jou fokus op Jesus is en dat jy kan onderskei wanneer die predikers en leraars begin om te “brand” en te “franchise”.
No comments:
Post a Comment