Satan sal alles in sy vermoë doen om die klem weg te
neem van Jesus af en dit op “goeie” dinge te plaas, maar dinge wat ons weglei
van God se meesterplan. 2 Korintiërs
11:3 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) sê immers:
“Maar
ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere
toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die
slang.”
Die grootste fout wat ’n dissipel of ’n gemeente
ooit kan maak, is om Jesus as vanselfsprekend te aanvaar.
Jesus plus niks is gelyk aan alles, maar Jesus plus
enigiets is gelyk aan niks! Alles wat
die Vader ooit vir ons wou gee, is in sy Seun. In Hom alleen het ons die volheid (Kol 2:10). In Hom alleen vind ons totale vervulling. Die oomblik wat ons dink daar is iets ekstra
wat ons uit onsself kan byvoeg om ons lewe as dissipels meer volkome te maak,
val ons in die strik van die Satan en verloor ons die belewenis van die volheid
wat ons in Jesus het. In ‘n sin is die
geloofslewe net ‘n toenemende ontdekking van alles wat ons in Christus ontvang
het met die wedergeboorte.
“Nadat
God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur
die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun.” Heb. 1:1
God het finaal gespreek in sy Seun.
No comments:
Post a Comment