Daar is eintlik
net twee soorte gemeentes. Die wat 'n
naam probeer maak vir hulleself en die wat dissipels maak van mense.
Vir die eersgenoemde gemeente gaan dit oor
getalle, geld en geboue en hulle meet suskes aan die hoeveelheid mense wat
hulle in 'n gebou kan bymekaar bring op 'n Sondag.
"En hulle sê: Kom, laat ons
vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en
laat ons vir ons ‘n naam maak..." Genesis 11:4
Vir die laasgenoemde gemeente gaan dit oor die geestelike groei van die
individu, die opbou van die Liggaam van Christus en die gevolglike getuienis
aan die wêreld wanneer Jesus sigbaar word deur volwasse dissipels in eenheid.
"Gaan dan heen,
maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en
die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle
beveel het."
Mattheüs 28:19
Dan is daar natuurlik die geestelike leiers wat glo dat dit nie nodig
is om die een of die ander te kies nie.
Hoekom kan ons nie dissipels maak én 'n naam vir onsself nie? Die waarheid is dat dit sonder uitsondering
eindig by dissipels maak sódat ons 'n naam vir onsself kan maak. Daardie benadering sal nooit die goedkeuring
van God wegdra nie. Inteendeel.
Ons moet kies. Maak ons
dissipels of 'n naam vir onsself? Is ek
in 'n gemeente waar ek 'n kop is wat getel word om die sukses van die leier(s)
of denominasie te bepaal of is ek in 'n gemeente waar ek geestelik groei en
begin om self dissipels te maak van ander?
No comments:
Post a Comment