"Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus
staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig
is. Want terwyl ek rondgegaan en julle
heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n
onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan
julle." Handelinge 17:22-23
Ek wonder...as Paulus vandag deur ons dorpe en stede moes loop en ons
"heiligdomme" sien; geboue gemaak deur mensehande wat ons 'n
"kerk" noem, wat sou hy vir ons sê?
Wat sou hy vir ons sê as hy moes praat met ons en agterkom dat baie van ons
God net deur hoorsê via 'n hedendaagse priester-orde en geykte godsdienstradisies
ken? Wat sou hy sê as hy sou vind dat
daar soveel van ons is wat Jesus se naam formeel en godsdienstig bely, maar wat
nie vir Jesus eerstehands en persoonlik ken nie? As hy sou vind dat baie van ons geen konsep
het van die liggaam van Christus wat 'n geestelike entiteit is wat veronderstel
is om in die "eenheid van die Gees" te funksioneer nie. Sou hy nie dalk vir ons sê nie:
" Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken,
verkondig ek aan julle."
No comments:
Post a Comment