Christus het na hierdie aarde gekom om die heerskappy van God te vestig en ons te verlos van die boosheid van ons eie harte. In Christus het ons 'n koningskap ontvang, maar nie 'n koningskap oor ander mense nie.
”En ons
gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en
die krag tot in alle ewigheid! Amen." Openbaring 1:6
Ons
word geroep om te heers oor die gevallenheid in ons harte. Ons word geroep om die kwaad te oorwin deur
die goeie. "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie." Rom. 12:21
Ons word geroep om ons eie "vlees" te oorwin.
"Maar ek sê: Wandel deur
die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring
nie; want die vlees
begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor
mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie." Gal. 5:16-17
"Wie ‘n oor het, laat
hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om
te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is." Openbaring 2:7
Ons moet dringend leer om te veg aan die
regte front. Ons geveg is nie in die wêreld
met ander mense nie. Die groot geveg is
binne in ons eie harte! In Christus kan
ons oorwin.
No comments:
Post a Comment