'n Ware dissipel van Jesus is nie net ‘n
vergeefde persoon nie, maar ook ‘n nuwe persoon. Hoeveel gelowiges leef
vir jare met die onvoldoende idee van redding wat dit beperk tot vergifnis van
sondes. Verlossing in Nuwe Testamentiese terme sluit ‘n nuwe geboorte, ‘n
nuwe lewe en ‘n nuwe skepping in. Dit is die hart van God se ewige
raadsplan met ons as gelowiges. God wou nog altyd "baie kinders tot
heerlikheid" bring. ‘n Christendom wat nie hiervan kennis neem nie,
bly in ‘n pasgebore stadium en mis konstant die planne en doelstellings
van God.
Dit is onmoontlik om ‘n volgehoue,
betekenisvolle en diep gemeenskap met God te hê tensy ons begryp dat ons uit
God gebore is en dat Christus nou in ons leef. Ons is met die lewe
van God verenig. Dit is omdat ons nie die realiteit en diepte van hierdie
waarhede besef nie, dat ons so maklik bo-oor Nuwe Testamentiese begrippe soos
"kinders van God", "in Christus" en "heiliges"
lees. Ons begryp nie die feit dat dit nie net metaforiese taal is nie
- dit is ‘n werklikheid!
Hoe kan ons heiliges genoem word as ons slegs
vergewe is? As jy slegs vergewe is, bly
jy dieselfde persoon en kan jy in alle eerlikheid nie ‘n heilige genoem word
nie. Die briewe in die Nuwe Testament word aan die adres van die
"heiliges" gerig omdat ons in Christus Jesus in werklikheid nuwe mense is. Jy is nie langer die mens wat
jy voorheen was nie. Jy is nie langer die mens wat jy was voordat jy
gelowig geword het nie. Jy is "na God geskape in ware geregtigheid
en heiligheid" (Efes. 4:24) en jy is 'n "nuwe skepsel in
Christus" (2 Kor. 5:17).
Laasgenoemde vers is aan die meeste van ons
bekend, maar ons verstaan nie die implikasies daarvan nie, want ons het so
gewoond geraak aan die letter van die Woord en ons is so gebreinspoel deur ‘n
Christendom wat na alles kyk vanuit ‘n menslike oogpunt. Dit is tyd
vir ons om na ons lewens te kyk uit God se oogpunt. In God se
waardebepaling is die nuwe geboorte allerbelangrik, want dit bring vereniging
met Sy geliefde Seun en buiten Hom is daar geen redding, heiliging of
verheerliking nie.
No comments:
Post a Comment