Die Seun van God wat die ewigheid bewoon en wat
nou ín ons woon, behoort onmeetlik swaarder te weeg as die waardigheid van wat
enige aardse identiteit ons kan besorg. Dit is eers wanneer ons deeglik
in ons nuwe identiteit gevestig is en begryp dat dit in Jesus alleen geanker is,
dat ons kan begin dink aan die uitdrukking wat ons aan hierdie nuwe lewe kan
gee.
Skares van gelowiges probeer om iets te word
deur wat hulle doen, of om hulle identiteit in hulle spesiale gawes en talente
te vind. Die gemeente van God is ‘n gemeenskap van diegene wat hulle
identiteit in Hom alleen gevind het. Dit is die grootste krag van ons
getuienis aan die wêreld.
Manne en vroue hardloop rond, soekend om ‘n mate
van stabiliteit in hulle lewens te vind, besig om hulself aan iets permanent te
probeer verbind. Maar ons het die antwoord, want ons het hierdie
permanensie in die ewige God gevind wat ons in sy Seun wederbaar het. Dit
behoort ons standaard getuienis aan die wêreld te wees.
Wat ons egter dikwels vind, is dat baie
gelowiges besef dat hulle wêreldse prestasies nie in die gemeente van die
lewende God tel nie, maar hulle bring nogtans hulle prestasie-mentaliteit na
hierdie nuwe, geestelike arena. Die resultaat is dieselfde worsteling om
posisies en onafgebroke kompetisie tussen mense wat so oorheersend is in die
wêreld.
Gelowiges wat hulle identiteit in Christus ken,
sal nooit met andere in die liggaam van Christus kompeteer om meer geestelik te
wees of meer invloed te hê of iets dergeliks nie. Wanneer ons, ons
waarde vind in wie Jesus in ons is in plaas van in ons gawes, prestasies
en projekte sal die natuurlike uitvloeisel daarvan 'n nederige diensbaarheid
wees wat Jesus alleen verheerlik.
No comments:
Post a Comment