Neem nou hierdie konteks as 'n lens en gaan dink
weer oor die volgende bekende teks. Dit kan interpreteer word as 'n belofte wat
Jesus vir Sy dissipels gee:
"Die
dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe
en oorvloed kan hê." Johannes
10:10
Gaan dink dan verder oor die volgende stellings
wat Paulus maak oor dissipelskap:
"Maar
ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van
God mag wees en nie uit ons nie. In
alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar
nie radeloos nie; vervolg, maar nie
verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie." 2 Korinthiërs 4:7-9
"...deur
eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig; as onbekendes en tog goed bekend, as
sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie; as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as
armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles
besit." 2 Korinthiërs 6:8-10
"En
Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid
volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van
Christus in my kan woon. Daarom het ek
behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om
Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk." 2 Korinthiërs
12:9-10
Nie een van ons gaan sekerlik dieselfde gráád
van lyding as Paulus beleef nie, maar alle dissipels beleef wel dieselfde sóórt
lewe van "vreemde kontraste", tot 'n mindere of meerdere mate. Maar die punt is, só lyk die oorvloedige lewe
in Christus.
Waarin lê die "lewe en oorvloed" dan?
In die heerlike blydskap van Jesus se teenwoordigheid te midde van selfs die
moeilikste omstandighede in 'n gebroke en gevalle wêreld.
No comments:
Post a Comment