Jesus se heerskappy in ons lewens word duidelik
uitgespel in Galasiërs 5 vers 22.
"Maar
die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid,
vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing."
Dit is so eenvoudig dat niemand dit kan mis nie.
Wanneer ons onder beheer is van die Heilige Gees heers God se liefde in ons met
die volgende duidelike tekens in ons lewens:
- ·
Die
Krag van Blydskap
- ·
Die
Sekuriteit van Vrede
- ·
Geduldige
Verdraagsaamheid wat kwaad kan verdra (2 Tim. 2:24)
- ·
Goedheid
in ons Karakter
- ·
Vriendelikheid
in ons lyftaal en Optrede
- ·
Die
Konsekwente Diensbaarheid van Getrouheid
- ·
Ware
Nederigheid: Sagmoedigheid
- ·
Oorwinning
oor onsself: Self-beheersing
Nie een van hierdie eienskappe is "Adam op
sy beste" nie, maar liewer Christus in en deur ons geopenbaar onder die
bediening van die Heilige Gees.
Wanneer die liefde nie heers nie lyk dit as
volg:
- ·
'n
Afwesigheid van Vrede en Blydskap as 'n konstante werklikheid in my lewe
- ·
Opgeblasenheid
/ vol van self / self-gerigtheid / self is die verwysingspunt in plaas van Christus
- ·
Self-bevoordeling
in alles
- ·
Kritiese
veroordeling van ander
- ·
Bitterheid
en Hardheid teenoor ander
- ·
Onvergewensgesindheid
- ·
Kwaadwilligheid
/ Vyandskap
- ·
Onversoenlikheid
- ·
Dubbele
Standaarde en Onregverdigheid
- ·
Onwilligheid
om "die Gees van die waarheid" kans te gee om te werk in situasies
waar daar verskille is
Hierdie ontleding is
bedoel om 'n spieël te wees wat ons in geloof laat draai na die krag van
Christus in ons, nie 'n lys wat ons dring om Adam te probeer restoureer nie.
No comments:
Post a Comment