"Hieroor
het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. Toe
sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie
toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus
is, die Seun van die lewende God. Jesus
antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n
duiwel! En Hy het bedoel Judas Iskáriot,
die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was." Johannes 6:66-71
Jesus gaan uit Sy pad uit om alle self-vertroue
by Sy dissipels te knak en te verbrysel.
Hoekom? Want dit is onmoontlik om
Hóm werklik te vertrou as ons die siening handhaaf dat ons eie wysheid, wil,
krag, intellek en herkoms enige meriete dra.
Hierdie toets van Jesus vertroue teenoor
self-vertroue is immer teenwoordig in Jesus se hele bediening wanneer Hy mense
oproep om Hom te volg. Hoe doen ons
generasie met hierdie toets?
No comments:
Post a Comment