Hoekom word ons keer op keer opgeroep in die Nuwe Testament om weg te kyk van onsself en te fokus op Christus? Hoekom word ons opgeroep om die boodskap aangaande Hom absolute voorrang in ons harte, denke en lewens te gee?
"Laat die woord van Christus ryklik in julle woon
in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere,
en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here." Kolossense 3:16
Die rede hiervoor
word op 'n duisend verskillende maniere aan ons oorgedra in die Bybel, maar die
konsep is enkelvoudig. Slegs IN HOM is
daar heerskappy oor gevallenheid en slegs IN HOM is daar guns van die Vader;
die Heerser van die heelal. Die guns rus
op die Seun en ons het slegs deel daaraan deur geloof.
"Hy sal groot wees en die Seun van die
Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader
Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan
sy koninkryk sal daar geen einde wees nie." Lukas 1:32-33
"En die Kindjie het gegroei en sterk geword in
die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom." Lukas 2:40
"Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun
gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God,
Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en
voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer.
Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou
af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige
sorg." Jesaja 9:5-6 (NAV)
Wanneer gaan ons
ophou om kwaliteite in onsself en sodoende die guns van die Vader te soek as
dit slegs IN CHRISTUS te vinde is? Die
Nuwe Testament is besonders subjektief, maar die subjek is Christus, nie in die
eerste plek ons nie! Alles wat ons nodig
het is in Hom en vloei uit Hom na ons wanneer ons, ons vertroue totaal verplaas
weg van onsself na Hom. Dit is die
boodskap van identifikasie en eenheid met Christus.
IN HOM, IN HOM, IN
HOM, ek wens ek kan dit 'n miljoen keer uitbasuin met 'n megafoon, want die
invalshoek van Christenskap vandag het iets heeltemal anders geword en daar is
géén groter tragedie nie. Die enigste
sinvolle respons is: bekering!
No comments:
Post a Comment