Asof dit nie genoeg is dat God ons uit genade deur die kruisdood en opstanding van Jesus vergewe en verlos het nie, word 'n dissipel van Jesus soos wat hy geestelik groei toenemend bewus van die heerlikheid van God se permanente inwoning.
"Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as
woonplek vir Hom begeer en gesê: Dit is
my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer." Psalms
132:13-14
Wat 'n
verstommende openbaring dat God sê Hy het die mens gekies as Sy "ewige
rusplek"! Vir ons as gelowiges is
dit nou reeds 'n werklikheid waarin ons, ons daagliks kan verheug.
"Maar julle het
gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem
en tien duisende engele." Hebreërs 12:22
God woon nie in
tempels wat met hande gemaak is nie. Die
"tent van samekoms", die "tabernakel" en die
"tempels" van die Ou Verbond was almal uitbeeldings van God se
oorspronklike plan en begeerte om in ons te woon! God permanent in en by Sy mense; onbeskryflik
heerlik!
"Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat
daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande
gemaak nie." Handelinge 17:24
"Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en
die Gees van God in julle woon nie?" 1 Korinthiërs 3:16
"God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe
seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is:
Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid." Kolossense
1:27 (NAV)
No comments:
Post a Comment