'n Mens sou dink dat 'n oorvloed van liefde in my hart genoegsaam is vir 'n ryk en geseënde lewe, maar omdat ons leef in 'n gevalle wêreld kan liefde nie suksesvol voortleef sonder wysheid nie.
Sonder Goddelike
wysheid kan ons beste pogings om ander lief te hê soms jammerlik misluk. Dit bring baie keer hartseer vir die gewer en ontvanger en
veroorsaak ook dikwels dat mense terugtrek van 'n lewe van liefde en dit is
presies wat die satan wil hê.
Wysheid bepaal
waar, wanneer en hoe ek die liefde van Christus betoon aan ander en dit verg
voortdurende innerlike leiding deur die Gees van wysheid en liefde in ons. Liefde en wysheid is maats in die Bybel en
waar jy die een sien, is die ander ook teenwoordig. Maak seker dat hierdie twee ook maats bly in
jou hart. Bid baie spesifiek
daarvoor. Dit is die soort gebed wat ons
Vader behaag.
"En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer
oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,
om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir
niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus." Filippense
1:9-10
"Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal
toeneem in begrip en fyn aanvoeling,
sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan
sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam
wees." Filippense 1:9-10 (NAV)
No comments:
Post a Comment