Die grootste verskil tussen die Christenskap van die Nuwe Testament en Christenskap vandag is dat ons Jesus sien as 'n middel tot 'n doel, terwyl die N.T. Hom openbaar ás die doel.
Hy gee nie net geregtigheid nie. Hy ís geregtigheid. Hy gee nie net wysheid nie. Hy ís wysheid. Hy gee nie net waarde nie. Hy ís waarde. Hy is nie net die middel tot beter kinderopvoeding nie, Hy is die Alfa en Omega van my kinders se opvoeding. Hy gee nie net 'n beter huwelik nie, Hy is die DNA van my huwelik en alle menseverhoudings.
Hy is nie net die middel tot my verlossing nie. Hy ís my verlossing. Hy is my vrede, my vreugde, my waarde en my welvaart. Hy is my begin en my einde. Vir een of ander rede kan mense vandag oor en oor die boodskap van "Christus-ons-alles" hoor en dit steeds interpreteer as 'n "Jesus-die-middel-tot-goeie-dinge" boodskap. Dis verstommend!
Maak die kopskuif. Gaan lees Johannes, Efesiërs, Kolossense en Filippense 'n honderd maal totdat dit die lens word waardeur jy die hele Bybel sien...en dan waardeur jy die hele lewe sien. Dit moenie net jou filosofie of lering wees nie, maar jou enigste werklikheid. Dan sal jy nie meer Jesus wil gebruik om dinge te verander nie, maar jy sal Hom beleef AS die verandering van alle dinge.
No comments:
Post a Comment