Dit is aangrypend om te dink dat God ons regdeur die dag, maar veral in die oggende besoek om te kyk of ons gees (hart) gaan reageer en of ons in hierdie dag op Hom gaan fokus in liefde en aanbidding.
"Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee? En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?" Job 7:17-18 (OAV)
“What is man, that You should exalt him, That You should set Your heart on him, That You should visit him every morning, And test him every moment?" Job 7:17-18 (NKJV)
Elke oggend sonder uitsondering "soek" Hy ons, kom kyk Hy of ons hart hierdie nuwe dag op Hom gerig gaan wees.
"Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” Klaagliedere 3:23-24 (NLB)
'n Nuwe dag bring nuwe genade en ontferming en 'n nuwe kans om te fokus! Hoe kan daar ooit iets of iemand beter wees om op te fokus as die almagtige, lewende God; Skepper van hemel en aarde en die Een wat ons lewe letterlik elke oomblik in Sy hande hou.
"U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ’n veilige toevlug." Jesaja 26:3-4 (NLB)
Hy soek ook elke môre ons aandag sodat Hy ons geestelik kan voed met die oog op bediening aan andere.
"Die oppermagtige Here het my geleer
sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer
my luister soos dit ’n leerling betaam." Jesaja 50:4 (NLB)
No comments:
Post a Comment